SUID-NATAL Primer se junior en senior prysuitdelings het verlede week plaasgevind.
Die senior prysuitdeling het gesorg dat baie ouers, maar veral die hardwerkende leerlinge, met trotse harte huis toe gestuur is. Renier Jacobs is as dux aangewys en Wilmaré Labuschagné as naasdux. Gr 7 leerlinge wat spesiale vermelding verdien is klaswenners Renier Jacobs (7P), Wilmaré Labuschagne (7O) en Janelle van Schalkwyk en Carmen Thompson (7R).
Trofees is as volg toegeken: Landsdiens, Renier Jacobs; kultuur, Wilmaré Labuschagne; veelsydigste seun, Renier Jacobs; veelsydigste dogter, Wilmaré Labuschagné en Carla Kretzschmar; kameraadskap, Janus Wagenaar en Nicole Theron; Suidie staatmaker, Zarike Gouws en prinsipaalstoekenning, Catelyn van Dyk en Dylan Conradie. Trofees was ook toegeken aan Suné de Wit (swem); Chrystelle van Wyk (netbal); Suné de Wit (hokkie); Jaco Victor (krieket); André Nell (rugby) en Suné de Wit (sportdogter).
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
