SUIDIE swemmers het soos visse geswem in die Afrikaanse Hoërskole gala waar tien skole teen mekaar meegeding het.
Hulle raap die trofeë voor al die skole weg met een punt verskil tussen eerste en tweede plek.
Baie geluk! Suidies Marcé Strydom, Keytin Vorster, Christiaan Brits en Jason Steyn het die Midmar Mile geswem en medaljes ontvang.
Onderwyseres Merike Durrheim spog met haar 20ste Midmar hierdie jaar.
Die eerste netbalspan het met ’n naelskraap oorwinning gewen teen Sheppie High en die rugby eerstespan het die sluise te laat probeer oopdraai en verloor teen Sheppie High. Hul gaan aanstaande Vrydag in Toti speel teen Amanzimtoti High vir die derde of vierde plek.
