HOËRSKOOL Suid-Natal se landloopspan het verlede Saterdag aan hul eerste KZN landloopliga te Summerveld SA Jockey Academy in Shongweni deelgeneem.
In ’n pragtige omgewing en perfekte hardloopweer het al die atlete vinnige tye behaal. Jeandry Smith het ’n eerste plek in die mans-ope afdeling losgehardloop en Rachel Siyangapi het ’n skitterende tyd van 19 minute oor vier kilometer behaal.
Harde oefening is nou in die vooruitsig vir die volgende liga en die Hibiscus pretdraf wat voorlê.
Die skool het ook die KZN Regional Spar hokkietoernooi aangebied verlede Saterdag. King Edward Skool het weereens met die trofee weggestap en HSN het sesde geëindig.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTEDE IN : HSN spanne begin die jaar goed
Suidies het vyf wedstryde gespeel, twee gewen, twee verloor en een gelykop. Die skool bedank almal wat gehelp het om die dag ’n reuse sukses te maak.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
