NewsSchools

SNP leerlinge kan goed spel

Die kompetisie was straf maar leerlinge kan trots wees.

Dit was die heel eerste afskop van Suid-Natal Primêr se ‘Snelspel-kompetisie’ en fokus is behoorlik op akkurate spel in Afrikaans.

Die lekker luidspel van woorde teen ’n vinnige tempo was aansteeklik toe maats onderling meeding. Leerlinge het almal aangenaam verras met hul spelvermoë.

ALSO READ : Nooddienste besoek Suid-Natal Primêr

Knap gedaan aan die wenners van die proeflopie.

Gr 6 leerlinge het ’n ontwikkelingsessie vir leierskap gehad wat deur TO Strand aangebied is.

Hulle het geleer dat goeie kommunikasie, luistervaardighede, beplanning, probleemoplossing en respek vir ander, kern bestanddele vir ’n goeie leier is.

Gr 1, 2 en 3 netbal-dogters het aan die Spar Netball Fast 5s toernooi by Southcity deelgeneem. Spelers was so opgewonde en het dit baie geniet.

Die gr 2 klasse het meer geleer oor al die verskillende soorte vervoer, soos water, spoor, lug en padvervoer.

Die tema het hulle nuuskurigheid behoorlik geprikkel – hulle kon nie glo dat mens vervoer kry wat groot genoeg is om allerlei masjinerie, motors, vragmotors en selfs treine kan vervoer.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button