’n jaar vol groei by Suid Natal Primêr
Ons gaan die jaar afsluit met trotse glimlagte en dankbare harte.
Die einde van die jaar is om die draai, en ons RO-afdeling kyk met groot dankbaarheid terug op ’n jaar vol groei, vreugde en besondere oomblikke.
Ons leerders het heerlik saam baljaar tydens die kaskar-maraton en partytjie. Dit was ’n geleentheid waar vriendskappe versterk is en elke leerder die kans gehad het om sommer net kind te wees!
Terwyl die laaste assesserings afgehandel word, sien ons uit na ons jaarlikse prysuitdeling wat vroeg in Desember sal plaasvind. Ons is trots op elke leerder se harde werk en vordering.
Ons wil ook ons opregte waardering uitspreek teenoor die gemeenskap dankie dat julle altyd met liefde en sorg na ons leerders omsien en elke dag ’n verskil maak.
Aan ons ouers, voogde en personeel: dankie vir julle ondersteuning, geduld en toewyding.
Ons gaan die jaar afsluit met trotse glimlagte en dankbare harte!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
