Hoërskool Suid-Natal matrikulante Tiaan Henderson, Vicky Oswin, Christopher Burls en Cara van Zyl is vanjaar met Springboktoekennings vereer.
Dit is ’n prestasie waarop leerlinge vroeg reeds fokus en waarvoor hulle geduldig moet wag.
ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal wins team talk compo
Hierdie landsdienslede het reeds vanaf gr 8 aktief deelgeneem en uitstaande presteer. Intussen het hulle ook alreeds Prestasie Goud en Leierskap verwerf.
Baie geluk aan hierdie besielde Landsdieners wie se droom bewaarheid kon word. Suidies is voorwaar trots op hulle.

Die Snakfees opvoerings is iets wat almal beslis nie moet misloop nie. Kaartjies is beskikbaar by die skool.
Vertonings is vanaf 3 tot 5 Oktober en daar sal ook heerlike kos te koop wees.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
