Suid-Natal se gr 5 klasse is besig om plante te bestudeer en leerlinge moes sade laat ontkiem.
se eerste krieket span het tuis gespeel en met agt paaltjies gewen. Die junior A krieket span het by St Patrick’s gespeel en het ongelukkig met nege paaltjies verloor. Beide spanne het dit ongelooflik baie geniet.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr fund-raiser well supported
Riaan Earle hou die skool se naam hoog. Hy was gekies vir die SKZN krieket span en het gedurend die vakansie aan ’n toernooi deelgeneem by Kearsney College waar hy besonderse goeie krieket gespeel het.
Riaan het twee paaltjies geneem met sy boulwerk asook twee kolwers gestonk as paaltjie wagter. Sy kolfwerk was uitstekend met vier 4s wat geslaan was en een ses. SNP is baie trots op Riaan.
Onderwysers het verlede naweek ’n baie insiggewende kursus bygewoon en beoog om netbal na nuwe hoogtes te neem.
Veels geluk aan Janushka Erasmus wat deelgeneem het aan die Afrika talent dans-kompetisie. Sy het uitstekende punte (83%) behaal en gekwalifiseer om aan die Nasionale kompetisie gedurende Maart 2020 deel te neem.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
