Suid-Natal Primêre Skool het verlede week geleentheid gehad om aan die eksterne Conquesta-eksamen deel te neem.
Die massadeelname het almal beïndruk, die uitslae was verstommend en die sertifikate is besonders mooi.
ALSO READ : SNP ondersoek vorms
Dis vir die skool ’n aanwins en bevorder akademie.
Die SPO 2 klas was baie verras toe gemeentelede van die Trafalgar Presbyterian Kerk vir hulle wol en tolletjies gebring het om tolletjiebrei te doen.
Leerlinge was baie opgewonde en het ywerig gebrei om ’n projek te voltooi.
Junior A en eerste span krieket seuns het teen Port Shepstone Junior en Senior Primary gespeel en beide spanne het gemaklik gewen.
Veels geluk aan die eerste span seuns wat nog nie een wedstryd die seisoen verloor het nie.
Baie dankie aan al krieket personeel vir die moeite en aandag.
Grade 2 en 3 dogters het vir die eerste keer aan sokker wedstryde deelgeneem.
Hulle het dit baie geniet en baie goed gevaar met uitstekende resultate.
Die skool het verlede Saterdag ’n pret mini-krieket toernooi aangebied waar verskeie plaaslike skole deelgeneem het.
Dit was ’n groot sukses die jong krieket spelers kon spog met talent.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
