NewsSchools

Suidies skenk mildelik

Personeellede het die voorreg gehad om op van die groot motorfietse om die veld te ry.

Suid-Natal Primêre Skool sê baie dankie aan al die Suidies wat speelgoed versamel het om te skenk aan die Ramsgate Lions Groep.

Leerlinge en personeel was verras met ’n groep motorfietsryers wat op hul ysterperde die skool besoek het om die speelgoed te kom haal.

ALSO READ : Suid-Natal Primêr fund-raiser well supported

Personeellede het die voorreg gehad om op van die groot motorfietse om die veld te ry.

Grade 3 tot 7 leerlinge het aan ’n aflosgala deelgeneem by Southcity en goeie swemoefening gekry.

Die gr R jaargroep het ’n suksesvolle markdag aangebied en heerlike lekkernye vir ’n paar honger magies verskaf.

Baie dankie aan al die ouers en familie wat kom help verkoop het.

Daar heers ’n akademiese atmosfeer by die skool en leerlinge is druk besig met eksamen en toetsaflegging.

Sterkte met al die leerwerk, moeite sal beloon word met uitstekende uitslae.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button