NewsSchools

Michelle en Kyle maak Suidies trots

Kyle en Michelle was as sportsman en sportsvrou van die jaar aangewys.

Gelukwensing gaan aan twee besonderse Hoërskool Suid-Natal leerlinge wat uiters talentvol is en deurentyd toewyding getoon het. Hul was onlangs as Sportvrou en Sportman van die Jaar aangewys.

ALSO READ : Suidies skenk mildelik

Michelle Kretzschmar ontvang nie net die ‘Sportvrou van die jaar’ toekenning nie, maar ook die ‘Sportloopbaanbeste’. Almal sal Michelle onthou as die vis in die water, sy verwerf erekleure vir die soveelste keer. Haar prestasies op die atletiekveld en die hokkieveld waar sy telkemale gekies was om die Ugu span te verteenwoordig.

Hoërskool Suid-Natal Sportsman van die Jaar Kyle Jansen van Vuuren kan beskryf word as een van die veelsydigste sportmanne by die skool.

Kyle Jansen van Vuuren kan beskryf word as een van die veelsydigste sportmanne by die skool. Hy speel vir die eerste rugbyspan, verwerf volkleure vir sy opname in die KZN-LSEN span. Hy is deel van die LSEN Ugu Distrikte-atletiekspan, speel krieket eerstespan en kaptein van dié span. Hy verwerf volkleure vir sokker vir sy opname in die KZN LSEN-span.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

To receive our FREE email newsletter, click HERE

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button