R43.7m studiehulp vir behoeftige Afrikaanse studente beskikbaar gestel
Geld wat terugbetaal word, word weer en weer aangewend om die volgende behoeftige studente se studie moontlik te maak.
Die Helpende Hand Studietrust (HHST) sal vanjaar R43.7 miljoen beskikbaar stel waarmee ongeveer 1 300 behoeftige Afrikaanssprekende studente se studie in 2020 befonds sal word.
Volgens Stefan Pieterse, hoof van die Helpende Hand Studietrust, is dit die resultaat van die publiek se oop harte en hande asook 200 onafhanklike donateurs wat hul eie studiefondse deur die HHST befonds.
Die HHST is ʼn platform wat Solidariteit Helpende Hand geskep het vir donateurs om behoeftige studente se studie deur middel van rentevrye studielenings in ruil vir ‘n belastingvoordeel kan befonds en sodoende ʼn nalatenskap daar te stel.
Rentevrye studielenings word toegestaan op die basis dat studente wat afstudeer slegs dít wat hulle geleen het terugbetaal sonder dat enige rente of administratiewe fooie gehef word. Geld wat terugbetaal word, word weer en weer aangewend om die volgende behoeftige studente se studie moontlik te maak.
Volgens Pieterse handhaaf die HHST tans ʼn terugbetalingskoers van meer as 90 persent van afgestudeerde studente wat hul rentevrye studielenings terugbetaal.
“Dit is die krag van ʼn helpmekaar-kultuur. Vandag word jy gehelp, môre help jy iemand anders,” het Pieterse afgesluit.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Stefan Pieterse: 076 4241400 of e-pos stefan@helpendehand.co.za.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
To receive our FREE email newsletter, click HERE
