Ivermectin finaal as ondoeltreffend aanvaar
In Suid-Afrika het Afriforum ‘n hofbevel teen die SA Regulerende Medisyne-owerheid gekry om mense toegang tot die middel te gee.

Van die begin van die Covid-19-pandemie af was daar meningsverskil oor die doeltreffendheid van Ivermectin om die virus te bekamp. Die middel, wat ‘n anti-parasietmiddel vir diere is, is aanvanklik in die buiteland en daarna in Suid-Afrika toenemend gebruik deur mense wat wou verseker hulle doen niedie virus op nie.
Die gebruik van die middel het voor die beskikbaarheid van die entstof begin, en is deur duisende Suid-Afrikaners, veral diegene wat om die een of ander rede teen die entstof gekant is, voorgehou as ’n soort wondermiddel wat doeltreffend teen die virus gebruik kan word. Sommige mense het ondanks waarskuwings dat Ivermectin hulle ernstige skade kan berokken, groot hoeveelhede van die middel ingeneem. Talle van hulle het ten spyte daarvan Covid 19 opgedoen, ernstig siek geword en selfs gesterf. Oral ter wêreld was daar verdeeldheid oor die doeltreffendheid en veiligheid van die middel, en die oorgrote meerderheid wetenskaplike toetse het bewys dit is ondoeltreffend om Covid 19-infeksies te keer. Ander toetse het getoon die middel het wel ‘n positiewe rol wanneer iemand reeds die siekte opgedoen het.
In Suid-Afrika het Afriforum ‘n hofbevel teen die SA Regulerende Medisyne-owerheid gekry om mense toegang tot die middel te gee. Dit het beteken dat geneeshere Ivermectin kon voorskryf na gelang van hul eie oordeel, en geen aansoek of rapportering ingevolge Seksie 21 (waarvolgens aansoeke gereguleer word) nodig was nie. Die regulerende owerheid het pas sy goedkeuring vir toegang tot die middel gestaak. Afriforum het verklaar klein hoeveelhede van die middel wat deur aptekers vir spesifieke pasiënte vekry het, is egter nog beskikbaar.
Sedert die Omicron-variant sy verskyning gemaak en inentings wyd beskikbaar geword het het, het die vraag na Ivermectin afgeneem. Geen nuwe aansoeke om ongeregistreerde Ivermectin-produkte in te voer, of deur gesondheidsondernemings om groot voorrade te berg, is sedert Augustus verlede jaar ontvang nie. Geen individuele aansoeke deur pasiënte is sedert Desember verlede jaar goedgekeur en geen verslae van behandelingsresultate is ontvang nie. Die Regulerende Medisyne-owerheid se Hoof-uitvoerende beampte, dr. Boitomelo Semete-Makokotlela, wys in ‘n nuusverklaring daarop dat Ivermectin ‘n uiters kontroversiële middel in die Covid-pandemie was na vroeë proefnemings dat die middel dalk ‘n bydrae tot die stryd teen Covid kon lewer. Die gehalte van die proefnemings het egter gewissel, en van hierdie toetse is nou as potensiële bedrog uitgewys.
In een van hierdie studies is ‘n meta-analise gedoen met proefnemings deur wetenskapilikes onder leiding van dr. Andrew Hill van die Universiteit van Liverpool. Daar is bevind dat Dr Hill se proefnemingsverslae oorlewingsyfers oordryf het, en in mediese kringe word sy werk nou as potensiële bedrog beskou. In een van die studies waarop dr. Hill se meta-analise staatgemaak het, was pasiënte reeds oorlede toe die toetse begin is, en in ‘n ander studie is die besonderhede van pasiënte bloot talle kere ‘gekopieër en geplak’. Dr Hill het later sy eerste meta-analise onttrek en met ‘n nuwer een vervang. Dit het getoon hoe deegliker die studies gedoen is, hoe swakker het Ivermectin gevaar. Daarbenewens het die vervaardiger van Ivermectin, Merck, reeds in Februarie verlede jaar verklaar hulle het geen data of inligting dat Ivermectin ‘n doeltreffende behandeling teen Covid 19 kan wees nie. Daar is ook geen wetenskaplike basis is om Ivermectin as behandeling teen Covid 19 te gebruik nie omdat daar in pre-kliniese toetse geen potensiële terapeutiese effek gevind kon word nie. Omdat daar geen betekenisvolle, geloofwaardige kliniese bewyse is dat Ivermectin doeltreffend is in die behandeling van Covid nie, sê dr. Semete-Makokotlela, is daar besluit om die plaaslkike program onmiddellik te beëindig. Ongeregistreerde Ivermectin sal nie meer ingevoer en geen groot voorrade sal aangehou kan word nie. Geneeshere wat Ivermectin voorskryf sal egter steeds kliniese verslae moet indien vir pasiënte wat toestemming ingevolge Seksie 21 het.
Sedert die sg. ‘deernisprogram’ in Januarie verlede jaar begin is, het die beheerliggaam alle verwikkelinge noukeurig dopgehou. Van die velangrikste was die herroeping van studies wat ten gunste van Ivermecin was, die herroeping van dr.Hill se meta-analise, twee groot kliniese ondersoeke in 2021 wat nie die gebruik van Ivermectin gesteun het nie, die Amerikaanse beheerliggaam se soortgelyke besluit, en ook hul waarskuwing dat groot dosisse van Ivermectin naarheid, lae bloeddruk, allergiese reaksies, duiseligheid, balansprobleme, stuiptrekkings, komas en selfs die dood kan veroorsaak. Daarbenewens het die WGO voorgestel dat Ivermectin slegs in kliniese proewe gebruik word.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page

