Vaarwel Graad 7s
Baie dankie aan die ouers wat die tradisie so mooi kom ondersteun het, julle is staatmakers.
Met die einde van die jaar kort op ons hakke, is daar ‘n heersende gevoel van opgewondenheid in die lug en dis ‘n miernes van bedrywighede soos wat almal werk om alles betyds af te handel.
Ons skool het ons graad 7 leerders gegroet met ‘n erewag. Die emosies het hoog geloop onder die ouers, leerders en personeel terwyl die graad 7’s, gelei deur ons hoof, onderhoof, hoofleiers en bestuur, mars op die note en ritme van “Chariots of Fire”.
Baie dankie aan die ouers wat die tradisie so mooi kom ondersteun het, julle is staatmakers.
Ons kospakkie leerders het hulle jaarlikse kerspartytjie gehad en dis was ‘n feesviering vir die boeke! Baie dankie aan die gemeenskap wat saamgespan het om die heerlikste kos, lekkernye, presente en pakkies aan die leerders te gee! Ons waardeer julle. Julle is verantwoordelik vir baie gelukkige hartjies!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
