Ons Suidie leerders het Kwartaal 2 se assesserings met volgehoue deursettingsvermoë voltooi, ongeag al die uitdagings. Die leerders is opgewonde vir welverdiende rus-kansie.
Baie geluk aan ons graad 3 tot 7 leerders wat aan die Ogwini distrik se ‘Mental Maths’ kompetisie deelgeneem het. Ons is voorwaar trots op ons Wiskunde deskundiges!
Groot opwinding het in die skool geheers oor ons Interhuislandloop byeenkoms.
Ons sluit die kwartaal af met goeie sportgees waar die personeel en 1ste spanne teen mekaar sal meeding in vriendskaplike wedstryde.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Hy is lewendig dood” beteken hy is besonder stadig.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
