Schools

Van Entrepreneursdag tot sokker

Die graad 7’s sien so uit om hulle produkte ten toon te stel en hulle kreatiwiteit te wys!

Die graad 7’s is in rep en roer met die beplanning van hulle Entrepreneursdag, wat deel maak van hulle assessering vir Ekonomiese Bestuurswetenskappe.

In die klas is hulle besig met die taak se beplanning wat insluit die definisie, vaardighede en kenmerke van entrepreneur en hoe om die kosteberekening te doen van gevallestudie. Hulle moet ook ‘n plakkaat maak om hulle produkte te bemark.

Die graad 7’s sien so uit om hulle produkte ten toon te stel en hulle kreatiwiteit te wys!

Ons senior seuns en meisies het die geleentheid gehad om aan ‘n sokkertoernooi te Southcity College deel te neem en het dit ontsaglik geniet! Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en ons is baie trots op hulle! Welgedaan Suidies!

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“ ‘n Mens kan op daardie mes Kaap-toe ry” beteken daardie mes is erg stomp.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button