Schools

Prestasies op die sport en akademiese front

"Ons uithouvermoë-atlete het ons skool by die Ugu landloopbyeenkoms verteenwoordig en ons naam met trots gedra."

Die spoedige spellers van ons graad 4 tot 7 leerders, insluitend SPO 2 en 3, het aan die snelspel-uitdunne deelgeneem. Ons sien met groot verwagting uit na die finale rondte wat binnekort plaasvind.

Ons uithouvermoë-atlete het ons skool by die Ugu landloopbyeenkoms verteenwoordig en ons naam met trots gedra.

Op die atletiekbaan het ons graad 4 tot 7 leerders aan die 800m interhuiswedloop deelgeneem. Baie geluk aan ons plek-wenners, en ‘n groot dankie aan al die ouers en voogde wat so getrou kom ondersteun het.

Ons O/13-sokkerseuns het aan ‘n sokkertoernooi by Port Shepstone Senior Primêr deelgeneem. Die kompetisie was uitdagend, maar ons seuns het goeie karakter en deursettingsvermoë gewys. Ons graad 1 tot 3 netbalmeisies het aan ‘n netbaltoernooi by Creston College deelgeneem en dit terdeë geniet.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“ ‘n Draad vir elke naald hê” beteken altyd ‘n antwoord klaar hê.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button