Goed, beter, beste…
Die graad 7’s het 'n Beroepedag gehou, en die leerders was baie opgewonde om hul beroepskeuses met hul maats te deel.
Watter beroep wil jy volg wanneer jy groot is? Dit was die vraag wat die graad 7-leerders moes beantwoord. Die graad 7’s het ‘n Beroepedag gehou, en die leerders was baie opgewonde om hul beroepskeuses met hul maats te deel.
Ons graad 3-leerders het hulle gate uit geniet met hul opwindende en interessante kunsassessering, waar hulle herwinbare produkte skool toe moes bring om ‘n speelding te maak.
Ons Interhuisatletiekdag was onlangs ‘n reuse sukses! Leerders het met entoesiasme deelgeneem en hul atletiese vaardighede ten toon gestel. Die spangees was aansteeklik, en almal het mekaar aangemoedig om hul beste te gee.
Ons graad 1 tot 3 leerders het ook deelgeneem aan ‘n opwindende netbaltoernooi by Creston College. Dit was ‘n dag vol pret en sportmanskap, waar die jong spelers die kans gekry het om hul netbalvaardighede te wys en nuwe vriendskappe te smee.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“’n Eierdans uitvoer” beteken om in ‘n netelige situasie jou woorde uiters versigtig te kies.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
