Kleur, klank en kultuur: ‘n Kykie na Suid-Afrika deur graad 2-oë
Die skool is baie trots op ons leerders wat hulle talent ten toon gestel het tydens verskeie interne skoolkonserte — elkeen het uitmuntend presteer!
Dis ’n land van kleur en klank, dis ’n land van oorvloed en dank, dis ’n land waarna almal strewe.
Suidies graad 2-leerders het dit baie geniet om meer oor Suid-Afrika te ontdek en het besef watter pragtige land dit is, vol natuurskoon. Hulle het ook meer geleer oor die land se verskillende nasionale simbole en die betekenis van elkeen.
Die skool is baie trots op ons leerders wat hulle talent ten toon gestel het tydens verskeie interne skoolkonserte — elkeen het uitmuntend presteer!
Die leerders is tans besig met hul eindeksamens en assesserings, en ons berei voor vir die prysuitdelingsgeleentheid, wat altyd ’n besonderse spoggeleentheid is.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
‘Die hemp is nader as die rok’ beteken elkeen sorg maar vir homself eers.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram