Super Suidies spog
Zian Sukkels het in Pretoria aan 'n kampioenskap deelgeneem waar hy n goue medalje in skopboks, asook 'n silwer medalje in MMA verwerf het
Die netbal, hokkie, sokker en rugbyspanne het hul wedstryde terdeë geniet. Hulle het ywerig geoefen en met trots en deursettings-vermoë op die sportveld presteer.
Hul uitstekende sportmanskap is besonder prysenswaardig. Verskeie leerders het ook aan die English Public Speaking en Wiskunde kompetisie deelgeneem. Baie geluk aan al die Suidies met hul prestasies.
Ons Suidie-leerder, Zian Sukkels het in Pretoria aan ‘n kampioenskap deelgeneem waar hy n goue medalje in skopboks, asook ‘n silwer medalje in MMA verwerf het. Baie geluk Zian met jou uitslae.
Ondervinding is die beste leermeester;
Die mees doeltreffende wyse om iets te bemeester, is deur praktiese ervaring.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
