LettersOpinion

OPINION: ‘Dankie namens die hele gesin’

Ons het die geleentheid gehad om alles te sê wat ons vir mekaar wou sê.

GEAGTE Redakteur,-

Dit is met ’n tikkie hartseer, maar met dankbaarheid dat ons op 15 Maart 2016 van Jacobus (Koos) Groenewald afskeid geneem het. Hy was `n besondere mens wat ’n voorbeeld vir almal wat hom geken het was. ’n Eggenoot, vader, oupa, broer en vriend by uitstek. Hy het sy Christelike geloof uitgeleef sonder om te oordeel, maar om in sy eie wandel as `n voorbeeld op te tree.

Graag wil ons as familie die instansies en persone bedank wat hom bygestaan en versorg het gedurende sy laaste paar weke saam met ons. Baie dankie aan al Koos se dokters, die verpleeg personeel by Hibiscus Privaat Hospitaal, die intensiewe en hoogsorg eenhede en Ds Gerrit Strydom (NG Kerk Port Shepstone).

Die professionele optrede van die persone word hoog op prys gestel. Nie net was hulle professioneel nie maar deurentyd was Koos met deernis en agting behandel. As familie was ons toegelaat om die laaste paar dae kwaliteit tyd deur te bring met ons geliefde. Ons het die geleentheid gehad om alles te sê wat ons vir mekaar wou sê. Privaatheid was ons gegun om finaal te groet.

Graag bedank ons ook Above All Funeral Parlour vir hulle professionele diens, die NG Kerk wat die verversings voorsien het na die afloop van die gedenkdiens en Hester van der Merwe wat die blomme voorsien het. Laastens wil ons graag ook ons dank betuig aan almal wat die gedenkdiens bygewoon het en die honderde oproepe van meegevoel en ondersteuning.

DIE GROENEWALD, RAWLINS EN HENN FAMILIES

Epos

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button