
GEAGTE Redakteur,-
Ons kan getuig van die riool water in Margate se strandmeer en strand. Ons het onlangs in Margate vakansie gehou en dit het gestink.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : More contamination keeps Margate beach and lagoon closed
Die strand was toe, maar ons moes op die strand stap en deur die strandmeer stap om roomys te koop. Dit het gevoel en geruik asof ons deur vars uriene stap.
Ons het daarna padlangs teruggestap en gesien hoe riool in die rivier inspuit deur ’n mangat.
Ons het maar op ’n ander plek gaan swem, maar daar was dit so vuil – die see is vol plastiek sakke en glasstukke.
Nadat ’n kondoom by my verby gedryf het, het ons maar die swem opgegee. Dis vieslik.
ALET MARITZ
Pretoria
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
