BlogsOpinion

Hoe om Facebook vertalings af te skakel

Pla dit jou ook? vra Helene Eloff.

A nee a, Facebook.

Wat is die storie met die vertalingsdiens wat my nuusstrook in ‘n geentalige gemors verander het?

Die sosiale media platform het spontaan begin om Afrikaanse inhoud te vertaal – met gevolge wat soms lagwekkend is!

Hierdie juweel dateer uit die Kersseisoen:

LEES OOK: Troues: Bo blink, onder stink

‘n Meer onlangse blapsie lyk so:

 Ek weet nie wie vir die vertalingsblapse verantwoordelik is nie, maar daardie persoon of algoritme moet dit liewer laat staan. Alternatiewelik is daar hopelik ‘n taalguru wat die tyd en kennis het om die platform met vertalings by te staan.

Terwyl Facebook aan sy Afrikaanse woordeskat werk gaan ek my rekening se instellings só verander dat ek nie meer in ‘n volksvreemde Afrengels hoef vas te kyk nie.

So maak mens:

  1. Kliek op die pyltjie regs bo. Die pyltjie is langs die “help” vraagteken.
  2. Kliek op “Settings.”
  3. Kliek op “Language.”
  4. Kliek op “Which languages do you not want automatically translated?”
  5. Soek Afrikaans uit en klik daarop.

Daar’s hy.

Een taal op ‘n slag.

  • Artikel oorspronklik op ons suster Caxton webwerf Lowvelder gepubliseer

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button