BlogsOpinion

Die Lorriesmous: Maanlig serenades

Dis waarom ek my lorries by jou koop, meneer Lorriesmous, jy gryp nie alles nie en kry nooit genoeg soos die ander smouse nie. Jy leef en laat leef, dankie.

Janee, menige aksies word in die maanlig gedoen, sug Neels behaaglik. Veral die blinkstrale wat oor goue golwe dartel het sy nekhare laat kriewel. Dog vroeër of later sou die Lorriesmous ‘n ongehoorde maanlig-aksie in sy bedryf teëkom. Die Rooitaal praat van ‘moonlighting’. Kortom, skemerligtransaksies word stilweg onder die kombers gedoen. Daar word ast’ware voetjie-voetjie onder die tafel gespeel. Niemand sal ‘n woord daaroor rep nie. Die uitgeslape jakkalse het hierdie stilswyende inkomste as byvoordele beskou.

Wikipedia

Neels se vuurdoop in die maanligserenade sagas het ongevraagd kop uitgesteek. Andries van Swan Trailers het hom vir middagete genooi om erkenning te verleen vir die vier drie-as platbakleunwaens wat Neels bestel het. Met die tweede glasie-klink kyk Dries die Lorriesmous in die oog en maak keelskoon. Ek wil jou op ons goue lys plaas. Dit beteken dat bo en behalwe die normale koopprys en handellaarsafslag, oorhandig ek jou ‘n koevertjie wanneer ons transaksie afgehandel is.

Ons noem dit die goue-koevert. Daarmee word ons werksverhouding met jou bevestig en jou lojaliteit aan ons produk erken. In die geval van jou huidige bestelling sal jy die koevertjie ontvang sodra vereffening gemaak is. Neels het homself op ‘n nuwe speelveld bevind en instemmend geknik. Neels het sy koevertjie gekry soos Dries belowe het.

Pixabay

Hy steek die gelaaide koevertjie in sy sak, bedank Dries en ry huistoe. Halfpad terug trek hy onder ‘n bloekomboom af en maak die koevert oop. Hy tel twintig blou note! Die volgende more laat Neels sy direkteur breed glimlag. Hy oorhandig die koevert met tien blou note aan die Handellaarshoof met eerlike bedoeling.

Meneer, Dries stuur hierdie bydrae vir ons Kersfeesvonds uit erkenning vir ons besigheid met hulle maatskappy. Die direkteur is lief om note te streel en trek vyf bloues uit die pak. Vat hierdie vir jou moeite en spandeer elke sent vir jou genot, jy verdien dit. Heel aangedaan skud Neels die forse man se hand en prewel sag: Dankie Meneer. Die Lorriesmous het gehou by sy credo: Leef en laat leef.

Pixabay

Neels het nog altyd ‘n voorliefde vir fotografie gehad. Hy het begin met ‘n 50mm Pentax, telefoto- en wyehoek lense asook die beproefde driepoot. Die digitale ontploffing het Neels se voorliefde hok geslaan. Nou dra hy alles in sy hempsak saam, op sy slimfoontjie met allemintige bêreplek vir lêers. Willie Faber kyk Neels uitdagend in die oog: Ek soek twee honderd en vyftig duisend vir my Actros, dan lewer jy nog twee nuwe Freighties af.

Julle aanbod van honderd en tagtig velle is ‘n klap in my gesig. Willie is ‘n moeilike man, hy gee nie ‘n duim toe nie. Gelukkig het Neels ‘n reeks fotos van die inruilvoertuig geneem. Willie, my maat, gee my tien dae kans, dan stuur ek ‘n koper vir jou lorrie. ‘n Week later stap ‘n vris boerseun by Neels in. Hy praat haastig en reguit: My Pa sit in die bakkie en het my ingestuur om ‘n dertig ton perd te koop. Ons gebruik die perd nie baie nie, net vir plaasdoeleindes.

Mercedes-Benz Actros – Wikipedia

Neels haal sy Nokia uit en wys hom Willie se perd. Gaan wys jou pa hierdie fotos. Na ‘n ongemaklike lang wag kom die pa en seun terug, die oompie loop moeilik. Nou hoeveel wil jy vir hierdie Actros hê? Ek betaal nis ‘n sent meer as driehonderd duisend nie. Neels slaan sy hande saam, dis presies wat die eienaar wil hê! Maar ek sê jou wat, draai sy arm en bied hom twee honderd en sewentig aan.

Hulle klim in Neels se C180 en vang Willie onverhoeds, hy is besig om vragte te laai. Die Actros is klaar gehaak met ‘n vrag na Polokwane toe. Die oompie praat duidelik en hard met Willie: Haak my perd af, ek het twee honderd en sewentig velle in hierdie aktetas. Hy klop met groot boerehand op sy akte tas. Neels knipoog vir Willie en die viermanskap stap na sy kantoor. Tjop-tjop is die koeël deur die kerk en die boer en sy seun is weg met hulle Actros. Willie haal eintlik sy valstande uit soos hy lag.

Wikipedia

Met papbek merk hy op: haal jou orderboek uit dat ek vir my twee nuwe perde kan teken. Jy wil seker die verskil tussen my prys van twee vyftig en die twee sewentig hê? Nee, nee, nee Willie, ek werk anders. Ons split die oorskot tussen my en jou. Dis waarom ek my lorries by jou koop, meneer Lorriesmous. Jy gryp nie alles nie en kry nooit genoeg soos die ander smouse nie. Jy leef en laat leef, dankie, hier is jou tien velle. Jy verdien elke sent.

Willie stoot die twee pakke groot note oor na Neels se kant. Dankie Willie, ek wil net gou check, miskien het jy verkeerd getel. Neels tel twee velle uit en stoot hulle terug na Willie. Jy het verkeerd bereken, agt velle is genoeg vir my. Daar biggel ‘n traan oor Willie se wang. Jy’s ‘n gelukkige smous Neels, ons het gister twee hamels opgesaag. Een het jou naam op.

Pixabay

Die Handellaarshoof kan nie sy oë glo toe Neels hom die bestelling vir Willie se twee perde wys nie. Wat het toe van sy inruil geword. Willie was gelukkig, meneer; ‘n boer uit die Vrystaat het sy perd gekoop. Nou is al die partye tevrede en elkeen sit met ‘n breë glimlag. Dit is inderdaad die sleutel tot suksesvolle en deurlopende skemertransaksies, ware maanlig serenades.

Hannes van der Westhuizen.

 

 

Hannes van der Westhuizen was born, raised and educated in Pretoria. He tried varsity, did not like it and took up a job with Lever Brothers.

 A colleague suggested they try being salesmen after reading a newspaper ad.  On his first assignment, Hannes managed to get a large corporation in Kimberley to buy calculators and once he was handed his first commission cheque, he was hooked on sales.

Hannes was head-hunted by a truck sales company and was completely smitten.  He and his proper love, wife Elma, retired to Anerley where they enjoy being beachcombers.

 

 

 

 

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button