BlogsOpinion

’n Onvergeetlike naweek in die Laeveld

Die eerste Natsteen was verlede jaar, wat ’n reuse-sukses was, en vanjaar was geen uitsondering nie.

Verlede naweek het talle afgetrede en praktiserende joernaliste vanoor die hele land, en belangstellendes in boek-bekendstellings en -besprekings op die ikoniese dorpie Kaapse Hoop in Mpumalanga naby Mbombela saamgetrek vir die jaarlikse Natsteen-byeenkoms vir joernaliste en ’n nuweboek-vrystelling en -besprekingsbyeenkoms, albei onder die vaandel van Innibos.

Die sentrum van die Natsteenbyeenkoms was die bekende Nagkantoor-kuierkroeg van die oud-joernalis en nog steeds outeur, De Wet Potgieter, ook die stigter van die Facebookblad Nagkantoor, waar daar daagliks interessante gesprekke en redenasies deur joernaliste en ander deelnemers oor aktuele sake gecoer word.

Tim du Plessis, oudredakteur van Beeld en en een van die mees ervare Afrikaanse joernaliste en rubriekskrywers in Suid-Afrika aan die woord in die kapel tydens die berspreking van die gedenkboek te viering van die koerant Beeld se 50e verjaardag.

Die eerste Natsteen was verlede jaar, wat ’n reuse-sukses was, en vanjaar was geen uitsondering nie.

Oud- en steeds-praktiserende joernaliste van die gedrukte media, radio en televisie het lekker gekuier, gesels, en talle van ons het weer kennisse van jare gelede ontmoet.

Dit was koud en reënerig, maar dit het die twee dae eintlik meer spesiaal en die dorpie met sy outydse geboue se atmosfeer meer aanvoelbaar gemaak.

‘n Saal vol bejaarde, afgetrede joernaliste, saam met ervare, praktiserende nuusmense van die gedrukte media, radio en televisie, tydens die toetswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks.

Oor die twee dae is nuwe boeke van bekende skrywers in Kaapse Hoop se kapel bekend gestel en bespreek.
Een van die boeke wat groot belangstelling uitgelok het, was die publikasie ter herdenking aan die koerant Beeld se 50-jarige bestaan.

Die kapel was vol huidige en oud-redaksielede van die koerant wat gedeel het in die soetsuur van die geleentheid, want die koerant se publikasie kom eersdaags ten einde, en hy sal net digitaal voortbestaan.

De Wet Potgieter, die eienaar van een van die bekendste en nostalgiese kuierplekke in die land, Nagkantoor, en sy hond Potlood.

Ander boeke van bekende skrywers, wat hoog op almal se kooplys behoort te wees, was die volgende: Contraband – The Rhino Wars; De Wet Potgieter, Seun; Dana Snyman, Fanie Viljoen en Constant van Graan se Springboekie en Geheim tussen die Riete, kinderverhale, Chanette Paul: Anoniem, Dibi Breytenbach: Heks, Bloedbroers: Deon Lampbrecht, How to Fix a Country; Roy Havemann, Beeld 50, Om ’n groot storie hard te slaan; Erika de Beer en Barnard Beukman, 21 Voices from Israel and South Africa – Why the Palestinian Struggle Matters; Marthie Momberg, en Commando van Deneys Reitz, toegelig deur prof. Frans-Johan Pretorius. ’n Ware fees vir boekliefhebbers, soos ons joernaliste.
Ter afsluiting: Talle Feverlesers wonder seker: Wat is ’n ‘Natsteen’? Oggendkoerante se samestelling vind hoofsaaklik deur die nag in die sentrale nagkantoorp plaas.
Sodra die koerant persklaar is, word dit stuk vir stuk na die drukkery oorgeplaas vir die finale opmaak en die loodblad op die drukkersteen gepak.

Dana Snyman, ‘n ervare joernalis, TV-programmaker en een van die geliefdste en gewildste Afrikaanse skrywers in Suid-Afrika vandag, wie se jongste boek ‘Seun’ op die boekefees bespreek is. By hom is Annemarie van Burick van RSG.

Die drukkerymasjien begin draai en die lood kom in aanraking met die ink op die steen. Die steen word nat. Nadat die hele koerant gedruk is, ontspan die joernaliste en hul kele word geleidelik nat voordat hulle in die vroeë oggendure huistoe gaan. In my jong dae het ek dit self ervaar. Nostalgies.

Toe ’n ewe bejaarde kollega en ek Sondag terugry huistoe, het ons teruggedink aan twee liedjies uit die verre verlede: Magic Moments en Memories Are Made of This.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button