BlogsOpinion

Het jy ’n Jesus-hart?

Iemand wat omgee reik uit na andere en is sensitief vir ander se nood, want hulle het Jesus harte.

Wie ken nie ’n gewetenlose mens nie? Moderne slawerny, kindermishandeling, bedrog, die misbruik van mag, kinder-prostitusie, omkopery, is alles simptomaties van die optrede van gewetenlose mense.

Gewetenlose mense is ook hulle wat in jou gesig vir jou sal lieg, sonder om te blik of te bloos. Gewetenlose mense het nie brieke nie, om nou met ’n ander metafoor te ploeg.
Psigopate en sosiopate, wat terloops ook onder kerklui voorkom, is ’n uiterste voorbeeld van gewetenloosheid. Sulke mense dra by tot chaos in sisteme, want hulle manipuleer en suig mense leeg soos jy met ’n lemoen maak.

Dis een rede waarom die regering van die dag ook wetgewing beplan om wanvoorstellings en uitbuiting by veral kerklui te voorkom. Dis insiggewend dat die Bybel ons vertel van sulke gewetenloosheid wat in Jesus se tyd voorgekom het.

Hier word gedink aan die reaksie van die priester en familiehoofde toe Judas in Matteus 27:3-10 sy aandeel aan Jesus se verraad voor hulle kom bely.

In plaas daarvan dat hulle hom help om genesing en vergifnis te vind, keer hulle die rug op hom. Mens wonder of Judas se lot anders sou uitgedraai het as selfdood, sou die kerkleiers hom gehelp het om rus vir sy gemoed te vind.

Hulle kon die egter nie bied nie, want hulle was self onberouvolle en gewetenlose karakters. Hulle het Judas net gebruik om hul bose doelwitte met Jesus te bereik. Die kerkleiers was nie mense met omgee harte nie. Hulle lag vir Judas uit en toon daarmee hulle eie onsensitiwiteit vir sy dilemma.

Een van die kenmerke van ’n ware volgeling van Jesus, is sy of haar deernis met andere. Volgelinge van Jesus gebruik nie mense om hul doeleindes te bereik nie. Nee, hulle dien mense.
Ander se penarie of dilemma maak vir hulle saak. Is deernis en omgee deel van jou geloofsgemeenskap se DNA? Iemand wat omgee reik uit na andere en is sensitief vir ander se nood, want hulle het Jesus harte.

Het jy ’n Jesus-hart? Indien nie, kan God vandag aan jou ’n nuwe hart skenk deur die hart van klip met ’n hart van vlees te vervang. Selfs gewetenlose mense kan deur God se Gees omgeemense word.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button