BlogsOpinion

Stiltetyd: Daar is geen vrees in die liefde nie

God se liefde het sy hoogtepunt bereik by Golgota en die leë graf van Christus.

Vrese of fobies kan mens lamlê. Daar is soveel dinge in ons wêreld wat mense kan bangmaak. Vrees vir die donker, of vrees vir die toekoms, of vrees vir skeiding, verwerping, spinnekoppe, hysbakke, die duiwel, en so meer. Die vrees vir wat na die dood gebeur maak ook mense bang.

In die liefde is daar geen vrees nie. Dalk is dit die vrees vir die onbekende wat die vrese aandryf. Die apostel Johannes sê in 1 Johannes 4:18 dat daar geen vrees is in die liefde nie.
God se liefde het sy hoogtepunt bereik by Golgota en die leë graf van Christus. God se liefde vir jou, Jesus Christus, is genoeg dat jy kan lewe, en sterwe.
Dat ons kan weet: in hierdie lewe sal God diegene wat in Christus glo, wat na Hom toe kom, nie straf nie. Inteendeel. Hy vergewe.

Ons kan weet: wat die lewe hierna betref, sal ons nie geoordeel word nie, want ook daar is God se liefde. God se liefde – Jesus Christus – is juis aan ons gegee sodat ons daar, na hierdie lewe, ewig by God kan wees. En dat ons nie hoef te vrees dat dit nie so sal wees nie.
Wat ook belangrik is, is dat Johannes reeds vroeër in sy evangelie in Joh. 3:13 reeds gesê het dat wie in Jesus Christus glo nie in die oordeel kom nie.
Die oordeelsdag is net ’n bekendmaking van wie hier op aarde reeds in Christus vrygespreek is. Gelowiges in Christus is nie vreesbevange nie, leef nie angsbevange nie. God se volmaakte liefde verdryf die vrees in ons lewe, die vrees om self liefgehê te word en die vrees dat ander dalk my liefde sal misbruik.

Wie liefhet vanuit die sekerheid van God se liefde vir ons, en wie die liefde wat die Gees in ons werk in gehoorsaamheid uitleef, sal sy of haar geloof en godsdiens nie as ’n angswekkende vrees vir God en vir die oordeelsdag beleef nie.

Daarom het ons vrymoedigheid voor God op die oordeelsdag. Daar is immers gee veroordeling vir die in Christus nie. Daarom kan ons vandag voluit leef. Daarom kan ons ons vrese oorhandig aan God. Sy volmaakte liefde verdryf die vrees.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button