BlogsOpinion

Stiltetyd: Toekomshoop met die vreugde van jou Heer

Wat vir Paulus uitgestaan het, was hulle geloof hoop en liefde. (1 Tess. 1:1-3).

Wat verwag ons van die toekoms? Dinge verander so vinnig vandag. Die gemeente van Tessalonika was en is vandag nog ’n florerende hawestad. Dit is ’n ou stad, in Paulus se tyd alreeds drie eeue oud. Die sake wat Paulus aangespreek het soos die terugkeer van die Here Jesus, die werking van die Heilige Gees, volharding in die geloof onder moeilike omstandighede is alles sake wat vandag net so aktueel is soos destyds. Daar was ook ’n gemeente daar. Wat vir Paulus uitgestaan het, was hulle geloof hoop en liefde. (1 Tess. 1:1-3)

Geloof, hoop en liefde. Let op dat elke keer iets bygevoeg word: Die uitwerking van die geloof, (i) Daar is arbeid wat deur geloof gedra word. Ons het elkeen ’n taak deur God aan ons opgedra. Die Here het vir jou ’n taak wat net jy kan verrig, dalk by jou werk of in jou woonbuurt of omgewing. Daar is net een jy. Niemand anders kan doen wat jy doen nie. Soos die seuntjie met die vissies en broodjies waarmee Jesus ’n skare voed, of Maria wat Jesus se voete salf vir Sy begrafnis.

(ii) Gelowiges se inspanning en ywer word gedra deur die liefde. Hulle vra eendag vir ’n dame wat verskriklik hard werk aan ’n rok. “Word jy nie moeg van die ewige naaldwerk nie,” is aan haar gevra. “Nee, sê sy. Hierdie is my trourok.” Soms voel mens nie om jouself aan te bied vir diens in die kerk of gemeenskap of in die familiekring nie. Maar dan onthou jy dat die fyn helder blink klere van suiwer linne wat ons eendag op die nuwe hemel en aarde gaan dra die regverdige dade van die gelowiges is. (Openb. 19:8). En jy onthou dat Christus dit moontlik gemaak het en Sy liefde dring jou.

(iii) Dan is daardie hoop. Christene sien uit na Jesus se terugkeer, want dan sal ons uit Sy mond hoor: Ek wat in die verborgene sien het raakgesien wie jy is en jou liefdesdade wat niemand raakgesien het niè, opgemerk. Gaan in in die vreugde van jou Heer. Dit is die hoop wat ons laat moed skep vir die nuwe jaar.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button