BlogsOpinion

Het jy ‘n vooroordeel in jou hart?

Jesus breek mure tussen mense af. Die teks praat van ’n middelmuur van skeiding wat Christus kom afbreek het.

Daar is so baie mure wat ons van ander kan skei: ouderdom, voorkoms, intelligensie, politieke oortuiging, finansiële posisie, ras of leerstellige oortuiging. Dikwels is ons maar baiekeer onsself die oorsaak van die vervreemding. Jesus breek mure tussen mense af. Die teks praat van ’n middelmuur van skeiding wat Christus kom afbreek het. Die middelmuur van skeiding wys na die skeidingsmuur tussen die voorhof van die heidene in die tempel en die tempel in Jerusalem van ouds.
Heidene kon aanbid in die voorhof vir hulle geskep, en eers as hulle Israel se geloof aangeneem het kon hulle die Tempel self betree. Die voorhof was nooit bedoel om heidene vir ewig weg te hou nie, maar hulle te bekeer tot die geloof van Israel of kerk van die OT. Dit was ook simbolies om te se dat mens God net op Sy terme kon nader, naamlik deur in Hom te glo.

Toe Jesus egter aan die kruis op Golgota Sy lewe gee vir sondaars het alle skeidingsmure tussen gelowiges verdwyn. Efesiërs 2:14 sê dat Christus ons vrede is. Hy wat die middelmuur van skeiding, die vyandskap, deur Sy liggaam afgebreek het. Veral die seremoniële wette, soos wat jy mag geëet het, watter feesdae jy moes hou, offerhandes ensovoorts is afgeskaf. Hy het mos Homself as lewende offer gegee. Christus het een nuwe mens kom skep se Paulus. In Christus is Christene met God versoen. Vyandskap het in vriendskap verander.

Daar is nou ’n nuwe mens, nie meer Griek of Jood, Duitser of Xhosa nie, Indiër of Chinees nie. Christus bring ’n nuwe mens na vore, die nuwe mensheid is in Christus familie van mekaar. Dit beteken nie dat volkere ophou bestaan nie. Kulture verryk mekaar en is God se geskenk aan die wêreld.
Tog is daar net een ding wat alle gelowiges saambind, die verhouding met Christus wat ons almal kinders van ons Hemelse Vader maak. Watter hindernisse of mure is daar nog tussen jou en jou naaste, dalk iemand naby aan jou of dalk is dit ’n vooroordeel in jou hart. Kom ons kyk met die oë van Jesus na mekaar. Dit geld vir almal, veral hulle in posisie van mag.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button