BlogsOpinion

Ellende is oral, kan jy help?

Dis dikwels onverklaarbaar, dis deel van die gebroke werklikheid en soms aan ons eie dwaasheid toe te skryf.

Die wêreld vandag word gekenmerk deur oorvloed aan die een kant en uiterste ellende aan die anderkant. Daar is baie lyding in die wêreld. Lyding op ekologiese gebied, die skepping ly. Lyding op interpersoonlike vlak, mense doen mekaar leed aan. Persoonlike lyding waar mense aan hul lyf die seer ervaar. Daar is ? moeilike sinnetjie in die Bybel, in Job 1:12: “Alles wat Job het, gee ek in jou hand oor, sê die Here.

Net aan homself mag jy nie raak nie.” Hierdie is ? baie unieke situasie. God laat toe dat Satan vir Job toets. Ons mag nou nie sê dat alle lyding toe te skryf is aan God en Satan nie. Lyding is deel van die sondeval.

Dis dikwels onverklaarbaar, dis deel van die gebroke werklikheid en soms aan ons eie dwaasheid toe te skryf. Satan versoek wel mense. In ons teks kry Satan weliswaar die reg om Job te toets. Satan het egter nie onbeperkte mag oor Job nie. Die Here perk die Bose in. Dis ook nie God wat hier Job se familie om die lewe bring nie. Dis Satan.

Die vraag wat aan die orde is, is of kinders van die Here in tye van leed en rampe sal staande bly. Die boek Job se antwoord is ja. Daarvoor sal God sorg. Dit gaan wel nie soms sonder diepe worsteling en geloofstryd gepaard nie, soos ons in die boek Job sal agterkom, en jy uit jou eie ervaring goed weet.

Die teenspoed tref toe wel vir Job. Toe Job hoor dat sy kinders in ’n rukwind gesterf het en dat rowers al sy goed gebuit het, sodat hy niks het nie, was dit vir hom verskriklik. Jy het ook al deur moeilike tye gegaan en was self al in ’n Jobskrisis.

Dalk weet jy nie hoe om jou situasie te hanteer nie. God is nie ver nie. Hy is aan jou sy deur Sy Gees. Dit vra van God se kinders dan om uit medelye saam met die mensdom te voel oor hul pyn. Waar kan jy vandag iemand se wonde met woorde verbind maar veral ook met betekenisvolle omgee makliker maak?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button