BlogsOpinion

Help jy mense in erge nood?

Gelukkig het Job in ’n gemeenskap gewoon wat nog mense bygestaan het. Hoe lyk die gemeenskap waarin jy lewe?

Ons ken die uitdrukking om ‘teen die toue te wees’.
Die uitdrukking word herlei na die bokswêreld waar die opponent sy teenstander naby aan die uitklophou het, teen die toue.

Job was daar. In Job 2:8 lees ons dat hy himself met n potskerf gekrap het, terwyl hy in die as sit. Asof dit nie genoeg was dat sy kinders en sy besittings van hom weggeneem word nie, word hy self getref met ’n chroniese siekte.

Dis ’n siekte met pynlike swere van kop tot tone. Al medisyne wat Job gehad het, was ’n stuk potskerf. Om dit nog erger te maak, verloor hy ook sy vrou. Nie deur die dood nie, maar haar bystand en ondersteuning.

Dis mos so dat dit nie net noodlydende is wat swaarkry nie, ook sy of haar naaste familie. Dink maar aan kankerpasiënte se familie. Jy word self getraumatiseer deur jou metgesel of familielid se trauma. Job 2:9 vertel vir ons Job se vrou se reaksie toe sy weer sien hoe hy homself stukkend krap met ’n potskerf: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf.”
Ek dink die dinge het vir haar te veel geword en sy praat bietjie uit haar beurt uit. Dis nooit maklik om iemand naby aan jou te sien swaarkry en te bly ondersteun nie.

Gelukkig het Job in ’n gemeenskap gewoon wat nog mense bygestaan het. Hoe lyk die gemeenskap waarin jy lewe? Hoe staan jy mense in hul nood by? ’n Besoekie, ’n eetdingetjie by jou afgelewer, ’n vriendelike woord, kan help. Maar Job moes seker maar sleg gelyk het. Job het darem vriende gehad. Toe Job se vriende vir Job sien (Job 2:11-13,) het hulle aanvanklik stilgebly.

Hulle het nie gepraat nie. Uit eerbied het hulle geswyg. Hulle het gehuil en sewe dae en sewe nagte by hom op die grond gaan sit. Hulle het gesien dat sy smart baie groot was. Mense wat swaarkry se leed lê nie net in hul kop of verstand nie, maar in die hart wat nie woorde hoor nie. Is jy bereid om tyd te spandeer en by iemand te gaan sit wat spreekwoordelik teen die toue is?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button