South Coast Fever

Stiltetyd: In goeie hande?

Tog vertrou Hy Sy lewe toe in die hande van dieselfde God wat Hom uit die dood sou opwek.

“Mens kan jou nie in beter hande bevind as dit nie.” Hierdie woorde word soms geuiter deur mense wat ’n goeie ervaring met ’n diensverskaffer soos ’n dokter of werktuigkundige of iemand dergeliks gehad het. Dit is sekerlik elke mens se wens dat hy of sy in die beste hande sal beland. Niemand hou van ’n slegte ervaring wat jou geld of dalk jou lewe sal kos nie.

Die Psalmis van Psalm 31 het te doen gehad met skinderveldtogte en kwaadpratery teen hom. Dit het gelei tot gevoelens van angstigheid en benoudheid. Daar kom tye in elkeen se lewe waar dit voel of dinge buite beheer geraak het. Die frustrasie wat gepaard gaan met byvoorbeeld die toepassing van beurtkrag, laat mense voel of dinge buite beheer geraak het. “is ons regtig nog in goeie hande, of het ons in die hande van kwaadwilliges beland” vra mense soms as dit voel of dinge buite beheer raak.

Is die lewe van God se kinders nog in Sy hande? Dit voel soms, as dinge skeefloop in jou lewe of ook God jou aan jouself oorgegee het. Is die gelowige se lewe nog in goeie hande? Die Psalmis van Psalm 31 het homself figuurlik gesproke in ’n vangnet bevind. Die toetsende tye het sy lewe versuur. Sy lewenskwaliteit het gekwyn. Dit is dan dat hy in die sesde vers van Psalm 31 bid: “In u hande gee ek my gees oor. U het my bevry, Here troue God.” Dit is ’n ’n geloofsbelydenis en tegelyk ook ’n bede dat wat ook al oor sy pad kom, Hy vertrou dat die hande wat die wêreld bestuur ook sy lewe rig.

Dit laat mens dink aan die ou lied: “Put your hands in the hands of the man from Galilea.” Die woorde van Psalm 31:6 word nog meet betekenisvol as mens onthou dat Christus dieselfde woorde ook van die kruis af gebid het. Dit was tye van God verlatenheid wat hy daar by die kruis beleef het. Hy voel verlate van God. Tog vertrou Hy Sy lewe toe in die hande van dieselfde God wat Hom uit die dood sou opwek. Dis hande aan wie mens jou lewe kan oorgee.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button