South Coast Fever

Stiltetyd: Heimwee

Psalm 42 gee vir ons insae in iemand wie se verhouding met God skade gely het.

Heimwee word beskryf as die uitdrukking of soeke na die bekende. Dit word veral ervaar wanneer jy op ’n onbekende plek is of in ’n situasie waar jy verlang na wat was. Die snelle pas waarteen dinge om ons verander, laat mense terugverlang na die ou dae. Die ou dae op die plaas, met sy wye ruimtes, na vergange dae. Ons kan nie die verlede terugbring nie, maar ons kan wel die beste maak van wat ons het. In Psalm 42 sing die digter met heimwee van ’n tyd toe dinge in sy lewe redelik vas en seker was. Hy verlang na die gemeenskap met God in die tempel van ouds. Die woorde van Psalm 42 word in sommige kerke ook gesing: “Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, smag my siel na u o Heer. U alleen is my hartsverlange en ek bring aan u die eer.”

Aangrypende woorde, woorde wat uit die hart kom van iemand wat honger en dors na God. Die vraag is hoe aktueel hierdie versugting en verlange na gemeenskap met God nog in ons dag is. Is godsdiens nie, soos sommige beweer het in die verlede, dalk a “pie in the sky when you die” nie? Daar word gepraat van die invloed van ‘n sekulêre kultuur. ’n Sekulêre kultuur is een waar al die klem op die hier en nou is sonder dat iemand enige konsep van die ewige het. Die betekenis van die lewe en geluk word gesoek in hedendaagse ekonomiese voorspoed en materiële gemak. En nou vou die ekonomie…

Psalm 42 gee vir ons insae in iemand wie se verhouding met God skade gely het. Tog is daar steeds by hom heimwee na God. Daar is die verhaal van ’n prediker wie se vrou die aand voor Paassondag oorlede is. Die volgende dag kon hy nie die erediens lei nie. Ander moes namens hom bid en sing. Hulle moes hom dra. Is dit nie tyd om nou na die Covid pandemie terug te keer na jou plek van aanbidding saam met ander gelowiges wat jou kan dra en in God se teenwoordigheid lofliedere saam met jou kan sing nie? Dit is dalk die rede vir jou heimwee vandag.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button