South Coast Fever

Vertoue in die verkeerde mense kan katastrofies wees

Een van die kern-elemente van verhoudings is vertroue. As jy byvoorbeeld iemand nie vertrou nie, sal jy sy of haar goeie bedoelings onder verdenking plaas. Ons vertrou ons kinders toe aan die opvoeders, ons plaas ons lewens in ander se hande as ons op die vliegtuig klim. Ons vertrou ander om namens ons wette te

Een van die kern-elemente van verhoudings is vertroue. As jy byvoorbeeld iemand nie vertrou nie, sal jy sy of haar goeie bedoelings onder verdenking plaas. Ons vertrou ons kinders toe aan die opvoeders, ons plaas ons lewens in ander se hande as ons op die vliegtuig klim. Ons vertrou ander om namens ons wette te maak wat die land ten goede sal kom. Ons vertrou ons geld toe aan die makelaar. Ons vertrou ons diepste hartsgeheime toe aan die lewensmaat met wie ons ons lewe deel.

Misplaaste vertroue is gevaarlik. Wanneer jy jou vertroue stel op mense of fyn uitgewerkte planne en jy word teleurgestel, kan dit katastrofies wees. Dit neem lank om na ’n vertrouensbreuk weer iemand te vertrou. Psalm 135 is gerig aan die gelowiges duisende jare gelede. Dit kom met hierdie vertrouensuitspraak in Ps. 135:5: “Ek weet dat die Here groot is, dat ons Here groter is as al die gode.” Hoe kan hy dit sê? Hoe kan hy dit weet? Dit is juis hierdie aanspraak wat aan ons die sleutel bied vir sy aanspraak. Om te weet of te verstaan was vir die Psalmis meer as verstandelike instemming met ’n stelling. Dit was die ervaring van iemand wat aan sy lyf ervaar het dat God vertrou kan word.

Meer as dit, die Psalmis se vertroue in God is gevoed deur sy ervaring dat God se woorde deur Sy dade gedek word. Vertroue kom deur ervaring. Dit sien die Psalmis in die onderhouding van die skepping en hoe God die stapelwolke vol reën onverdiend oor die aarde uitgiet. Hy laat reën oor slegtes en goeies. God kan met die bestuur van die wêreld vertrou word. Hy erken ook God se bemoeienis met homself en die klein kring van gelowiges waarbinne hy funksioneer.

Saam deel hulle in verhale van uitkoms, bewaring en besondere sorg. Dalk is jou vertroue in mense vandag geskok. Dalk sukkel jy om weer te vertrou. As vriende jou in die steek laat, as jou vertroue wankel, kan jy steeds op die Here bly vertrou, in goeie en slegte tye. Die kruis wat so sentraal tydens Paasfees funksioneer, is die bewys dat God vertrou kan word om te red en te heel.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Back to top button