Wouter se Watergat

Net wanneer ons dink die Sharks is 'n wenspan, verloor hulle weer...

Ons het ‘n baie stil week gehad wat besoekers betref, en die gesprekke oor sake van die dag was maar skraps. Ek en vroulief was drie dae lank in Johannesburg vir ‘n familiebegrafnis, en Oom Pottie het met my terugkeer gerapporteer dit was maar weer die gewone verkiesingsbespiegelings en bekommernisse, en gesprekke oor die verskriklike gebouramp op George.

Om onder tonne gebourommel vasgekeer te wees, lewend, sonder water of kos, met die wete dat reddingswerkers nie die vermoë of toerusting het om jou uit die puin te haal nie, moet die ergste vorm van trauma wees.

Veral wanneer die besef posvat jy is besig om stadig van honger en dors te sterf, in pyn, moet dit ‘n verskriklike ervaring wees. Ons het met verbasing verrneem dat ‘n man vyf dae nadat die gebou inmekaar gesak het, lewend en redelik gesond uitgehaal is. Mag die oorledenes se siele in vrede rus.

Die Willemses het kort voor die naweek teruggekeer, en Vrydag en Saterdag se rugby hier gekyk.
Omdat die Lions en die Sharks veral, vir ons hier belangrik is, het ons vir die soveelste keer weer wipplank gery.
Vorige naweke het die Sharks darem gewen, en ons personeel, behalwe Oom Pottie, was in die wolke.
Die Lions het goeie oorwinnings afgewissel met goeie nederlae, met die gevolg Pottie het naweke tussen euforiese blydskap die diepste doldrums beweeg.

Verlede naweek het die Lions hom in ekstase gehad met ‘n skitterende vertoning, terwyl die Sharks weer ons harte gebreek het. John Plumtree moet baie gefrustreerd wees. Volgens die patroon moet die Lions die komende naweek verloor.

Verder niks meer te rapporteer nie, en ek deel stories wat Josh Louper van Amanzimtoti die afgelope week aan Pottie vertel het:

‘n Biskop adverteer hy soek iemand om die klok in sy kerk te lui.

‘n Boggelrugman sonder arms doen aansoek. ‘Hoe kan jy die werk doen sonder arms?’ vra die biskop.
Die man verklaar hy het ‘n plan, en vra dat hulle na die top van die toring opklim waar die klok hang.
‘Goed’, sê die biskop, ‘wat is jou plan?’ Die man storm die klok en stamp dit met sy kop.
Wonderbaarlik lui die klok. ‘Ongelooflik,’ verklaar die biskop, ‘maar jy gaan ‘n kwaai hoofpyn kry.’

‘Geen probleem nie,’ sê die boggelrug. Op ‘n dag besluit die boggelrug om die klok harder te laat lui, hardloop vinnig en duik vorentoe.
Hy mis die klok, gly, en val homself te pletter op ‘n sypaadjie langs die kerk. ‘n Skare mense vergader en ‘n polisieman kom nader.

Een van die omstanders vra die polisieman ‘ken jy hierdie boggelrugman?’ ‘Nee’, se die polisieman, ‘maar sy gesig lui ‘n klokkie.’

* Die man sê vir sy vriend ‘my baas was vandag baie eerlik met my, hy het met sy fantastiese nuwe motor by die werk opgedaag en ek het hom daarmee gelukgewens’.
My baas se antwoord was ‘baie dankie, indien jy baie hard sowat tien ure per dag werk en doelwitte stel, kan ek aanstaande jaar die duurder model koop’.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Exit mobile version