South Coast Fever

Die vloek van die eetversteuring anorexia nervosa

Almal van ons het waarskynlik die een of ander tyd van ons lewens kennis gemaak met mense wat eetversteurings het. In ons onmiddellike omgewing, ook in ons families. Statistiek het bewys meer as ’n derde van die mense wat beweer hulle dieët is normaal, het inderwaarheid patologiese redes vir hul eetgewoontes, en ’n kwart van

Almal van ons het waarskynlik die een of ander tyd van ons lewens kennis gemaak met mense wat eetversteurings het. In ons onmiddellike omgewing, ook in ons families. Statistiek het bewys meer as ’n derde van die mense wat beweer hulle dieët is normaal, het inderwaarheid patologiese redes vir hul eetgewoontes, en ’n kwart van hulle het ’n eetversteuring. Vyf-en-negentig present van eetversteurings kom voor tussen die ouderdomme van 12 en 25 jaar, en net 10% van hulle sal gaan hulp soek.

Een van die bekendste versteurings is anorexia nervosa, ’n eetversteuring gekenmerk deur ekstreme selfverhongering omdat die betrokke mens ’n verwronge beeld van sy of haar liggaam het. Mense wat daaraan ly, dink hulle is vet, ongeag hul gewig. Hulle is obsessief met die monitering van hul gewig en die hoeveelheid kos wat hulle inneem. Hulle eet dikwels lang tye glad nie, of minimale hoeveelhede kos. Hulle besef nie die gesondheidsrisiko’s waaraan hulle hulself blootstel nie, en van hulle gaan letterlik van honger dood. Anorexia word ook sterk geassosieer met perfeksionisme, depressie en selfmoordneigings.

Wanneer dit nader aan die huis kom en jou tiener is bv. ’n slagoffer is van so ’n eetversteuring, is dit belangrik om te weet hoe dit lyk en gemanifesteer word, en moet jy ook weet hoe om jou kind te help. Blootstelling aan die media waar die perfekte liggaam en voorkoms voorgehou word as dit waarna elkeen behoort te streef, asook die sosiale media, dra verder by tot ’n lae self- en verwronge liggaamsbeeld. Nie alle brandmaer mense is anoreksies nie.

Dit gaan baie dieper as net die uiterlike. Afrikaans.com het ’n artikel oor die siekte aan die SC Fever gestuur, en soos gebruiklik deel ek dit met ons lesers. Dit is ’n verkorting weens ’n gebrek aan ruimte, en lesers word aangeraai om na Afrikaans.com te gaan vir die volledige artikel, wat die kenmerke en risiko’s van eetversteurings uitlig, en raad gee oor hoe om tieners met ’n eetversteuring te help. Jackie Harding van Soul Therapy in Brittanje het vrae oor anoreksie in die besonder, beantwoord.

Volgens haar dui historiese geskrifte daarop dat anoreksie reeds honderde jare voorkom en is dus nie ’n moderne tendens is nie. Anoreksie en ander eetversteurings is ’n ernstige en komplekse geestesgesondheidstoestand en kan enige een affekteer ongeag, ouderdom, geslag, etniese groep, agtergrond of sosio-ekonomiese omgewing. Vroeë diagnosering, ingryping en ondersteuning is uiters belangrik en kan ’n dramatiese verskil maak aan die persoon se fisiese en sielkundige welstand. Hoewel dit meer by adolessente voorkom, word daar deesdae al hoe meer jonger kinders en ouer persone daarmee gediagnoseer.

Slegs ’n gekwalifiseerde mediese praktisyn/dieëtkundige/sielkundige kan ’n diagnose maak. Nie alle uiters ondergewig persone het ’n eetversteuring nie, daarom word die Diagnostiese en Statistiese Handleiding vir Geestesgesondheidsafwykings (DSM-5) ingespan en moet die volgende kriteria teenwoordig wees voordat ’n diagnose gemaak kan word, nl. ’n beperking van energie-inname wat lei tot beduidende lae liggaamsgewig ten opsigte van ouderdom, geslag, ontwikkeling en fisiese gesondheid.

’n Intense vrees om gewig aan te sit/vet te word of aanhoudende gedrag wat inmeng met gewigstoename, selfs al is hulle gewig beduidend laag. ’n Verwronge liggaamsbeeld en die manier waarop die gewig en liggaamsvorm ervaar word en ’n ontkenning (denial) dat daar ’n probleem is. Daar is twee tipes anorexia nervosa: Beperkende anoreksie en anoreksie wat gepaardgaan met ooreet (bingeing) gevolg deur vomering en/of die oormatige gebruik van lakseermiddels (purging).

Laasgenoemde is meer bekend as bulimia nervosa. Die volgende is algemeen: Streng beperking op kalorie-inname deur voedselinname te beheer en net sekere kossoorte te eet, ooreet en dan onmiddellik ontslae raak van die kos deur te vomeer en/of lakseermiddels te gebruik. Ekstreme oefensessies om gewig te verloor, preokkupasie met kos en gewig. Sal kos maak en bak vir ander, maar nie self van die kos/gebak eet nie. Kosrituele, soos om die kos te weeg of te meet, in klein stukkies te sny, op die bord te rangskik ens.

Die fisiese tekens: Skielike en uitermatige gewigsverlies of gewigskommelings. Vertraagde puberteit en/of ongereelde maandstonde of gebrek daaraan. Hare wat verdof, bros raak en uitval, swak naels, sensitiewe of beskadigde tande, probleme met die slukderm (veral omdat party lyers gereeld vomeer). Duiseligheid of floute. Spysverteringsprobleme wat kan lei tot maagpyn en/of opgeblasenheid. Die vel voel koud en die persoon kry uitermatig koud. Die sosiale en sielkundige tekens: In die geval van tieners veral is dit dikwels die veranderinge wat in hulle liggaam en voorkoms plaasvind. Hulle sien dit as negatief en wil nie verander nie. Hulle is dikwels perfeksionisties. Persoonlikheidsveranderinge en ‘n verwronge eie liggaamsbeeld. Bestee baie tyd op die sosiale media. Depressie en/of angs. Negatiewe persepsie van hulself. Baklei met ander oor kos, eet en gewig.

Vollediger besonderhede by Afrikaans.com. Die artikel wys ook in besonderhede op die tekens waarop ouers moet let soos ’n skielike of drastiese verandering en skommeling in jou kind se eetgewoontes en maaltydpatrone en fisiese veranderinge. ’n Eetversteuring soos anorexia nervosa kan ernstige mediese implikasies inhou, soos hartaanvalle en nierversaking wat in besonderhede uitgestippel word. Die aanbevole terapie word ook behandel: Dis belangrik om elke geval afsonderlik te assesseer alvorens op terapie besluit word. Vroeë intervensie is belangrik sodat jou kind so gou moontlik professionele behandeling kan ontvang. Afrikaans.com gee volledige raad hieroor. Gaan kyk gerus.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button