South Coast Fever

Nee, Wiaan, dit was ‘n groot fout

Dit was ’n aangename week wat die weer betref, en ons besoekers was heel ingenome, ook oor die netjiese voorkoms van die strande. Ons het Maandag ’n effense terugslag beleef toe ’n groot kortsluiting in ons kombuis veroorsaak het dat ons nie kos oor die middag-etenstyd kon bedien nie. Oom Pottie en Jan Bester, ’n

Dit was ’n aangename week wat die weer betref, en ons besoekers was heel ingenome, ook oor die netjiese voorkoms van die strande. Ons het Maandag ’n effense terugslag beleef toe ’n groot kortsluiting in ons kombuis veroorsaak het dat ons nie kos oor die middag-etenstyd kon bedien nie. Oom Pottie en Jan Bester, ’n elektrisiën van Margate, het die kragtoevoer teen drie-uur die middag herstel.
Talle gesprekke was oor die gemors waarin die land verkeer en veral die uitlatings van die KZN-polisiekommissaris, luitenant-generaal Mkhwanazi, oor onder meer beweerde inmenging om kriminele te beskerm. Die oorwoë mening was indien dit waar sou wees, bewys dit net weereens tot watter laagtes ons reeds in hierdie land gedaal het. Oom Pottie se opmerking was ons moet net nie word soos krewe wat so stadig gekook word dat hulle naderhand die hitte van die water gewoond raak nie. Suid-Afrikaners moet hierdie boosheid met alles tot hul beskikking beveg.

Die groot sportvbesprekingspunte het (voorspelbaar) gehandel oor die Proteas se toetswedstryd in Bulawayo en die Springbokke se vertoning teen Italië op Loftus Versfeld. Wat ons gladnie kon verstaan nie, is waarom Wiaan Mulder as kaptein sy span se eerste beurt gesluit verklaar het toe hy net 34 lopies nodig gehad het om Brian Lara se wêreldrekord van 400 toetslopies in een beurt te breek. Ons kon ons oë nie glo toe die Proteas na ete op die tweede dag op die veld kom as veldwerkers nie. ‘Wat van die rekord?’ was almal se vraag. En toe Mulder in ’n onderhoud met Shaun Pollock na die wedstryd sê hy het besluit dis gepas dat ’n krieketlegende soos Lara die rekord moet behou, en dat die afrigter, Shukri Conrad, saamgestem het, was ons verstom.

Waarom so ’n gulde geleentheid, wat virseker nie gou weer gaan kom nie, weggooi om Suid-Afrika, en Mulder self, in die krieketannales te verewig nie? Die enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat nóg Mulder nóg Conrad geweet het van Lara se rekord, of bloot bergeet het. Ek kan nie glo dat hulle nie daarvan geweet het nie. Maar met nog net 34 lopies nodig om die rekord te breek, waarom verklaar met genoeg tyd oor om die wedstryd te wen? Die Engelse het ’n goeie uitdrukking hiervoor. Daft.

Die hoofindruk van die Bokke se wedstryd teen Italië was dat die befaamde ‘Bomb Squad’ die eerste keer eerder vertoon het soos die ‘Cracker Squad’. Toe hulle met sowat 30 minute oor op die veld kom, het die Bokke se vertoning verswak, en kon die Italianers inderwaarheid die tweede helfte ‘wen’. Rassie het reeds laat blyk hy sal moet herbesin. Ons het nie ruimte om dit verder hier te bespreek nie, maar hoop bloot dat die Springbokke in Saterdag se wedstryd sal wys verlede Saterdag se wedstryd was ’n ‘ligte mistykie’. Teen Italië se verswakte span moet hulle baie meer dominant wees. So nie, wag daar later vanjaar groot problome teen bv. teen die All Blacks.

Ons loopstorie: Wat kry jy as jy ’n windhond met ’n muishond kruis? ’n Dier wat met ’n stink spoed hardloop.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button