South Coast Fever

Kinders van God het ‘n omgee-hart

Baie mense sal erken dat daar ’n nuwe dimensie tot hulle geloof gekom het toe hulle ontdek het dat God ’n hart het.

Watter gelykenis in die Bybel is seker van die bekendste? Is dit nie die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan nie? Ja, ons kan vinnig ’n oordeel fel oor die vromes wat verby die gewonde langs die pad aan sy eie lot oorgelaat het. Ons vergeet gerieflikheidshalwe hoeveel keer ons verby mense in nood gestap het, letterlik en by wyse van spreke.
Ons hou van die barmhartige Samaritaan, maar vergeet dat hy eintlik ’n veragte mens was op wie die vromes van die dag neergesien het. Hy was die een wie se daad van barmhartigheid aan ’n gevalle en stukkende mens, die vromes van Jesus se tyd beskaam het. Jesus vertel vir Sy volgelinge destyds en van alle tye, in Matteus 5:7 dat die barmhartiges gelukkig is, want hulle sal barmhartigheid ontvang. Wat is barmhartigheid? Iemand het gesê dat dit ’n uitbreiding van die woord ‘hart’ is. Op ’n manier wentel alles in die geloof om die begrip.

Baie mense sal erken dat daar ’n nuwe dimensie tot hulle geloof gekom het toe hulle ontdek het dat God ’n hart het. Dit is ook wat die Here by Sy mense soek. Kinders van God het ’n omgee hart soos hulle Vader in die hemel. Hulle is barmhartig soos Hy. Dit kom wanneer ons ander mense nie as bedreigings sien nie, maar as mense wat ons lewens verryk en wie se lewens ons kan verryk. Christene is mense wat na ander uitreik, wat selfs na die vyand toe uitreik, maar met Christus se liefde.

Barmhartigheid is egter veel meer as filantropie. Dit is meer as menseliefde. Dit is om onder die stortvloed van God se liefde en barmhartigheid tin Christus te gaan staan sodat ons lewens deurdrenk kan wees daarvan. Natuurlik moet ons nie net dink aan mense se stoflike nood nie. Ons dink ook aan mense se geestelike nood. Wanneer ons mense in nood bystaan moet ons hulle ook uitnooi om te vra hoe die hulp in nood hulle geloof in God geraak het. Die Here gee graag daaglikse brood, maar dit sluit ook die Brood van die lewe in. Kan jy onthou toe iemand ’n hand na jou toe uitgesteek het toe jy in nood was? Leef jy oop hand of toe hand?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button