South Coast Fever

Bokke se oorwinning was onoortuigend… die manne in swart wag op hulle

Voulief en ek het die afgelope week in ons hartsplek, die Krugerwildtuin, gaan uitrus, en weet nie veel van wat in die wêreld of in die Watergat gebeur het nie. Behalwe dat ons die toetswedstryd teen die Aussies op my skootrekenaar gekyk het. Hoewel die uitslag beter was as verlede Saterdag se fiasko, sien ek

Voulief en ek het die afgelope week in ons hartsplek, die Krugerwildtuin, gaan uitrus, en weet nie veel van wat in die wêreld of in die Watergat gebeur het nie. Behalwe dat ons die toetswedstryd teen die Aussies op my skootrekenaar gekyk het. Hoewel die uitslag beter was as verlede Saterdag se fiasko, sien ek swarigheid vorentoe. Die All Blacks het ook verloor, en dinge is nou redelik gelyk, maar Edenpark wag op 6 September. Tensy Rassie iewers ’n vuur aansteek, is ek bevrees wag daar weer hartseer op die Bokke.

Niks verder om te vertel nie, en ek het Pottie per telefoon gevra om een van sy beste argiefstories vir vandeesweek se rubriek te verskaf:

Jan Versluys het ’n goeie boerdery van sy pa geërf. Hy en sy aanstaande vrou vertrek na die bekende Oyster Box op Umhlanga vir hul wittebrood. Lorinda is ‘sexy’ mooi, vol pret en plesier, en hy is baie lief vir haar, juis oor haar uitbundige en soms stuitige geaardheid. Hulle teken hulself by die toonbank in, en ’n portier vergesel hulle na hul kamer op die tiende verdieping. Jan gee hom ’n handdruk, sonder ’n footjie, en wonder waarom die portier se gesig nog suurder word.

Al is hy welgesteld, is Jan hy nie gewoond aan fênsie hotelle en sulke goed nie. Lorinda weer, giggel aanhoudend en senuweeagtig om dieselfde rede. Die paartjie gaan die aand na die hotel-restaurant, seker een van die beste in die land. Voordat hulle in die hysbak klim, praat hy mooi met sy loskop Lorinda en vertel haar, erg besorgd, dat hulle nie mag verdwaal nie. Hy herinner haar hul kamer is op die tiende verdieping, die derde deur van die hysbak af, aan die regterkant.

Na die ete, terug in die kamer, na ’n hele paar glasies sjampanje, besluit Lorinda sy is lus vir die Lindt-sjokolade wat sy in die winkel op die grondvloer gesien het. Jan gaan die badkamer in om ‘uit te trek vir die nag’, en sy glip uit en gaan koop die sjokolade. Terug in die hysbak druk sy die knoppie vir die tiende verdieping, die hysbak skiet die lug in, en stop op die agtste verdieping om ’n passasier op te laai. Ingedagte en haastig om by hul kamer te kom, klim sy uit en loop vinnig na die derde kamer van die hysbak af, aan die regterkant.

Die deur is oop, en toe sy die kamer binnegaan, staan dien sy haar man vooroor gebuk staan, met sy rug na die deur, besig om sy slaapbroek aan te trek. Lorinda is mos Lorinda, sy gee so ’n skril gilletjie, steek haar hand van agter af deur sy bene en gryp sy manlikheid. Verskrik swaai die man om, en daar staan die twee: Lorinda met ’n asvaal-gesig en die man wat, ewe geskok, nogtans redelik vinnig herstel.

Hoe Lorinda uiteindelik na ’n half-uur by haar regte kamer en die bekommerde Jan uitgekom het, kon sy nie onthou nie. Nadat sy hom stotterend die storie vertel het, het hulle onmiddellik opgepak en stilweg ’n nuwe hotel gaan soek. ’n Wittebroodbegin om te onthou!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button