Wie het in jou lewenshuis ingetrek?
Wie onthou nog van kleintyd se dae af die spookhuise by skoolkermisse? Dit was egter meer ’n geval van gogga maak vir baba bang. William Barclay verwys Matteus 12:43-45 as 'The parable of the haunted house'. Jesus praat in die gedeelte van ’n onrein gees wat uit iemand uitgaan. Dit verwys subtiel na die praktyk
Wie onthou nog van kleintyd se dae af die spookhuise by skoolkermisse? Dit was egter meer ’n geval van gogga maak vir baba bang. William Barclay verwys Matteus 12:43-45 as ‘The parable of the haunted house’. Jesus praat in die gedeelte van ’n onrein gees wat uit iemand uitgaan. Dit verwys subtiel na die praktyk van die Jode destyds om bose geeste uit te drywe.
Hulle bediening was egter oppervlakkig en het nie die hart van die probleem aangespreek nie. Daarom het die bose gou sy vorige woonplek herower. Daarteenoor, wanneer Jesus onrein geeste uitgedryf het, word die huis nie net skoongemaak nie, maar trek Iemand permanent in. Daarom hou Jesus se werk stand.
Die Jode se bediening het tot gevolg gehad dat die bose net tydelik aan bande gelê is, maar nie verower is nie. Die bose soek altyd na ’n geleentheid om verlore grondgebied te herower. Godsdienstigheid alleen kan niemand waarlik vry maak nie. ’n Negatiewe, wettiese godsdiens wat uit moets en moenies bestaan, het geen krag nie. Iemand kan bevry word van een of ander verslawing. As die leegheid in sy of haar binneste nie gevul word nie, kan die persoon weer terugval. As mens byvoorbeeld die tien gebooie net uit ‘n negatiewe hoek lees as jy mag nie dit of dat doen nie, gaan die positiewe verlore. Byvoorbeeld, moenie steel nie, is ook ’n oproep tot harde werk.
Dalk is jy iemand wat onlangs jou rug gekeer het op ’n slegte gewoonte of besluit het om jou lewe aan ’n goeie saak te wy. Jy het huis skoongemaak by wyse van spreke, en wil voor begin. Wie het ingetrek in jou lewenshuis? Is Christus nou die Koning van jou hart?
Het Hy deur die geloof by jou kom intrek neem? Indien nie, onthou Jesus se waarskuwing in Matteus 12:45: “As die bose gees wat verdryf is terugkeer en hy vind die huis (die kamers van jou hart) onbewoon, bring hy sewe ander geeste, nog slegter as hyself en trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so ’n mens slegter daaraan toe as aan die begin.”
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
