South Coast Fever

Is Sacha reeds die ongekroonde koning?

Die Watergat het ’n klompie besige dae agter die rug met heelwat binnelandse besoekers wat kom kuier het. Ten spyte van al die voortdurende probleme met dienslewering, is die Suidkus steeds ’n gewilde vakansieplek, en van ons gereelde binnelandse klante vertel hulle het al die KZN-Noordkus probeer (Durban is nie meer wat dit was nie

Die Watergat het ’n klompie besige dae agter die rug met heelwat binnelandse besoekers wat kom kuier het. Ten spyte van al die voortdurende probleme met dienslewering, is die Suidkus steeds ’n gewilde vakansieplek, en van ons gereelde binnelandse klante vertel hulle het al die KZN-Noordkus probeer (Durban is nie meer wat dit was nie en die Oos- en Wes-Kaap is te ver en petrolgeld te veel).
Hoewel dit ’n aangename ervaring was, was daar een groot probleem: Dis duur vir die gemiddelde gesin wat hulself vir ’n week lank wil geniet sonder om hul kredietkaarte te ‘max’. Die besoekers se vernaamste klagte op die oomblik, en hulle voel sterk daaroor, is die brug oor die Mzimkhulu-rivier in Port Shepstone wat nog steeds ontoeganklik is, sonder enige ooglopende tekens dat herstelwerk begin het.

Ewenwel, ons moet vandeesweek noodgedwonge weer rugby gesels, veral na die fantastiese vertoning van die Bokke in die tweede helfte in Durban verlede Saterdag. Ons was totaal verstom deur die fantastiese vertoning vir die tweede agtereenvolgende wedstryd. En weereens mateloos beïndruk deur die 23-jarige Sacha Feinberg-Mngomezulu. ’n Natuurlike ‘footballer’ met al die kwaliteite wat nodig is om klassieke hoogtes te bereik. Hy was fenominaal. Ek stem saam met talle rugbykenners wat voorspel hy gaan ons volgende kaptein wees en die Springbokke na ’n nuwe, suksesvolle era neem. Die manier waarop die voor- en die agterspelers Saterdag gekombineer het, veral die vinnige aangeë en flink hantering deur die agterspelers, was uitsonderlik.

Mense wat weet, sê dis die invloed van die hulp-afrigter, Tony Brown. Statistiek wat deur Sanzaar bekend gemaak is, is uiters insiggewend. Pieter-Steph du Toit, reeds twee keer Wêreldrugby se Speler van die Jaar, het reeds sewe keer in die kompetisie die bal uitgegee wanneer hy neergetrek is, die meeste van enige speler, en twee keer het dit op drieë uitgeloop. Cheslin Kolbe het reeds drie drieë gedruk, en is vyf keer deur gapings in die teenstanders se agterlyn. Kolbe het ook agt keer daarin geslaag om duikslae op hom te ‘breek’.

Suid-Afrika het ook in die kompetisie die meeste tree veld gewen (481), en die minste (302), in ’n enkele wedstryd, afgestaan. Die Pumas (+8) en die Bokke (’n indrukwekkende +897) is die enigste twee spanne in die kompetisie wat meer meters veld gewen het as wat hulle afgestaan het. Daar is nog baie interessante statistiek, waarvoor hier ongelukkig nie plek is nie. Ons hou duim vas hulle wen Saterdag, minstens met ’n bonuspunt. Die Bokke het die grootste positiewe punteverskil, wat ’n groot faktor is. Oom Pottie se mening? ‘Woutie, ons gaan hulle oprol. Soos kitsgras. Kan nie wag nie.’

Die ander bespekingspunnte van die week was President Trump se toespraak in die VN se Algemene Vergadering, waaroor selfs van sy ondersteuners hier in die Watergat redelik verstom was, en die skandelike gedrag van die Amerikaanse skare teenoor die Europese spelers by die Ryderbeker-gholftoernooi. Pottie het gevra MAGA hy maar raai waarom?

Ons loopstorie kom van Jannie Griesel van Roodepoort: “Dokter, my kleptomania is steeds buite beheer. Deesdae steel ek al wat ’n slimfoon of klein rekenaar is.”
Dokter: “Gaan net voort en neem die tablette.”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button