Die Here wil ons denke vernuwe
Daar is ’n tyd in die vloei van die geskiedenis wat God die rigting daarvan verander. Dit was so in die tyd toe daar twee Hoëpriesters in Israel was, van wie Kajafas die aangestelde Hoëpriester was. (Lukas 3:2) Godsdiens het ook leeg geword. In die tyd van chaos roep die Here Johannes die Doper om
Daar is ’n tyd in die vloei van die geskiedenis wat God die rigting daarvan verander. Dit was so in die tyd toe daar twee Hoëpriesters in Israel was, van wie Kajafas die aangestelde Hoëpriester was. (Lukas 3:2) Godsdiens het ook leeg geword. In die tyd van chaos roep die Here Johannes die Doper om die wegbereider vir die ware Hoëpriester Jesus Christus te wees. Hy tree op in ’n tyd van chaos ’n stem roepende in die woestyn.
As dinge donker lyk gryp God in om lig en hoop te bring. Is jy nou op plek van chaos in jou lewe? Johannes se boodskap handel egter nie oor die chaos of mense se vrese of drome nie Hy praat met hulle oor die vergifnis van sonde. Die Christendom bied ’n nuwe toekoms, waar God deur Jesus se verdienste aan die kruis jou sondes in die diepsee gooi. Jesus breek die kettings wat jou aan ’n slegte verlede bind en breek vandag nuwe moontlikhede vir jou oop.
En die skare stroom na Johannes toe om deur hom gedoop te word. Interessant dat hy na die skare as addergeslag verwys? Hoekom? Soms moet mens hard praat, want dit lyk of van die mense vergifnis soek sonder dat hulle lewens vrugte hoef te dra wat by die bekering pas. Dit was so bietjie vernederend vir die Jood om te sê ek het ook reiniging van my sonde nodig.
Is daar iets in jou lewe waaroor die Here nou met jou praat wat Sy hart breek? Interessant dat Johannes by die Jordaan doop. Dit was die intrede tot die Beloofde land. ‘n Nuwe begin. Johannes sê vir die volk dat hulle weer God se beloftes moet toe-eien, Hulle kan voor begin.
Die Here wil ons denke vernuwe sodat ons nie verskoning soek vir ons foute en sondes nie. Bekering is nie net ’n emosionele reaksie nie. Jy draai om in jou spore en kies om die Here se wil te doen. Bekering is nie net om jammer te voel oor wat jy gedoen het nie. Dit is om jammer genoeg te wees om op te hou met verkeerde gedrag. Watter gewoonte moet jy mee breek en waarmee moet jy nuut begin?
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
