South Coast Fever

Stiltetyd: Diegene wat trane saai, sal uiteindelik vreugdevolle uitroepe oes

Jesus reik in Lukas 6:17-26 uit na alle mense, juis omdat Lukas ons wil herinner dat God se liefde vir ’n gebroke wêreld is.

As mens ’n spanpraatjie hou, ongeag watter soort span, probeer jy die spanlede motiveer tot groter hoogtes, om span moraal en eenheid te bou. Jy sal ook vir hulle herinner aan wat die groter doel is en dat hulle nie moet moed verloor as daar terugslae is nie. Jesus reik in Lukas 6:17-26 uit na alle mense, juis omdat Lukas ons wil herinner dat God se liefde vir ’n gebroke wêreld is. Daar gaan krag van Hom uit, krag tot genesing, ook vir jou vandag. Dan hou Hy ’n spanpraatjie vir Sy dissipels.
Elke dissipel of iemand wat deur Jesus geleer wil word moet die ore spits. Jesus se spanpraatjie klink bietjie anders as wat ons sou verwag. Hy sê vir Sy dissipels in verse 20-23 van Lukas 6, dat hulle gelukkig is as hulle arm is, as hulle honger ly, as hulle huil, as hulle verstoot en uitgeskel word ter wille van Hom. Natuurlik voeg Hy ook by dat die koninkryk van God aan hulle behoort, dat hulle versadig sal word, dat hulle sal lag, en dat hulle beloning groot sal wees.

Jesus roep Sy dissipels op om deur te druk, om te volhard, al gaan dit soms broekskeur en al waai die wind van voor. Dit beteken nie dat materiële armoede mens red nie, maar soos Hy later verduidelik as hulle en ons, hul vertroue stel in materiële besittings, en dit val weg, hulle gestroop sal wees van innerlike vrede, As hulle vandag se trane as die laaste hoofstuk van hul lewe beskou, vergeet hulle van die belofte in Psalm 126:5: “Die wat met trane saai, sal met jubelkrete maai.”

Dit is om God se goedheid nie te vergeet wanneer jy met uitdagings te make het nie. Uiteindelik sal die kind van God lag, ja vir altyd lag as God al die trane op die nuwe hemel en aarde afdroog. Wanneer die wêreld jou stoot, hou Jesus jou vas. Op hul eie kan rykdom, plesier, en reputasie ’n vals hemel hoop bou, maar ’n werklike hel blootlê. Gelukkig is nie die wat alles het nie, maar wat kan sê dat hul enigste troos in lewe en in sterwe is dat hulle aan Jesus Christus behoort.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button