South Coast Fever

Stiltetyd: Raak jy in jou lewensuitkyk gesekulariseer?

Ons ignoreer God en ons naaste asof net ons al een is wat op die planeet bestaan.

Die nuwe jaar begin vinnig pas aangee. Voor ons ons weer kon kry is alles weer aan die gang. Mense is besig. Besig om te trou, om kinders te kry, om af te tree, om bymekaar te maak vir aftrede, om te beplan vir die volgende vakansie, om opgang te maak by die werk, om geld te belê in die aandelemark of die bank.

So ‘n verhaal vind ons in Jesus se gelykenis oor ‘n vermoënde sakeman wat sy boerdery goed bestuur het. Lukas 12:13-21 vertel vir ons van n gesiene boer wat ‘n baie goeie oesjaar beleef het. So goed dat hy met homself begin praat het. “Mens, jy het baie goed opgegaar vir baie jare. Ontspan, eet, drink en wees vrolik.”

Nou, daar is niks mee verkeerd om die vrug van jou harde werk te geniet nie. Die probleem was dat hierdie gesiene man van Jesus ‘n harde oordeel ontvang. “Jou dwaas, vannag sal jou lewe van jou opgeëis word. Wat jy bymekaargemaak het, aan wie sal dit dan behoort?” Die man oor wie Jesus so sterk Hom uitspreek het ‘n probleem gehad. Die probleem was nie sy vernuf of inisiatief om sy surplusse op ‘n goeie spaarplan te plaas nie.

Sy probleem was dat alles waarmee hy besig was om homself gedraai het. Dis opvallend hoeveel keer in die gelykenis hy die woordjie ‘my’ gebruik. Hy gebruik dit om homself op die skouer te klop, Hy het in die proses volkome gesekulariseer geraak. Hoe raak mens in jou lewensuitkyk gesekulariseer? Jy skuif God na die kantlyn van jou lewe toe.

Nou lê die nuwe jaar voor ons, ongekarteer. Ons kan besluit om God uit te skuif na die kantlyn toe. Ons praat nie meer van Sy wil nie. Ons nader Hom nie meer in gebed om ons te lei nie. Alles draai om ons vernuf en ons toekoms.

Ons ignoreer God en ons naaste asof net ons al een is wat op die planeet bestaan. Dit is dwaasheid. Daarom is die oordeel oor hierdie ryk man nie oor hy ryk was nie. Dit gaan oor sy hebsug en inhaligheid en hoe hy ander uitrangeer, ook vir God. En jy?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button