South Coast Fever

Oom Kallie: God se genade oneindig groot

In hierdie verhaal is God se hand duidelik sigbaar en werk hy deur ’n onwaarskynlike prostituut om Sy heilspan tot uitvoering te bring.

Sekere skrifgedeeltes lees soos ’n spanningsverhaal. Josua 2 vertel vir ons van ’n groep verkenners wat in die geheim uitgestuur is om die land wat aan Israel beloof is, te gaan verken. In hierdie verhaal is God se hand duidelik sigbaar en werk hy deur ’n onwaarskynlike prostituut om Sy heilspan tot uitvoering te bring. Intussen is die verkenners se teenwoordigheid ontdek en hulle arrestasie is op hande. Dan neem die verhaal ’n interessante wending, ’n verkennings-operasie loop uit op ’n reddingsoperasie. Dit het implikasies vir die hele mensdom.

Ragab, ’n prostituut in Jerigo word deel van groter verhaal, van die Godsverhaal. God se heilsgeskiedenis loop nie volgens menslike verwagtinge nie, maar volgens sy genadige raadsplan. ’n Land en ’n stad staan onder die oordeel van God. ’n Vrou met ’n slegte reputasie word ’n hoofspeler in die redding nie net van ’n klompie verkenners nie, maar van die mensdom. God se voorsienigheid gaan Sy volk vooruit. Soms met ons net bid om geopende oë en ore dat ons met die geloofsoog kan sien waar God aan die werk is, al lyk dinge soms vir ons duister.

Die verspieders was tuis aan huis van Ragab, ’n prostituut. Sy is deel van die stad Jerigo, deel van die vyand. Tog gaan die inname van Jerigo nie net oor die staf op goddeloosheid nie. As God oordeel is dit met ’n bewoë hart. Reeds hier sien ons hoe God se genade triomfeer. Ragab kom onder die oortuiging van God se dade, heerskappy en verbondstrou. Sy word uit genade, deur geloof gered. Hebreërs 11:31sê: “Deur geloof het Ragab die prostituut nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die verkenners (spioene) in vrede ontvang het.

Sy het besef dat agter alles daar ’n Hoër Hand, die hand van God aan die werk is. Ragab word nie net gespaar nie – sy word ingesluit. Volgens Matteus 1:5 word sy deel van die Messiaanse geslagslyn. Die vrou van Jerigo word ’n moeder in Israel en ’n skakel in die koms van Jesus Christus. So werk God se genade. As jy glo in Christus, is jou lewe deel van ’n opwindende storie wat eindig op die nuwe hemel en aarde. Skep moed.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button