South Coast Fever

Johan Pretorius: Hoe welgesteld is president Cyril Ramapahosa?

In die oorgangsjare na volle demokrasie tussen 1990 en 1994 was hy nou betrokke by die proses as die ANC se hoof-onderhandelaar, en is van alle kante geloof vir sy vermoëns as onderhandelaar saam met mnr. Roelf Meyer, die hoof-onderhandelaar van die Nasionale Party.

Met president Ramaphosa se jongste staatsrede verlede week is die uwe weereens herinner aan die vurige vakbondleier van die negentien-tagtigs en latere politikus wie se paaie ons destydse politieke joernaliste s’n dikwels gekruis het. Hy het sy loopbaan as ‘n vakbondleier en anti-apartheidaktivis begin. In 1982 was hy medestigter en die eerste sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM), wat onder sy leiding tot Suid-Afrika se grootste mynwerkersvakbond gegroei het. In die oorgangsjare na volle demokrasie tussen 1990 en 1994 was hy nou betrokke by die proses as die ANC se hoof-onderhandelaar, en is van alle kante geloof vir sy vermoëns as onderhandelaar saam met mnr. Roelf Meyer, die hoof-onderhandelaar van die Nasionale Party.

Ek het hom dopgehou tydens myns insiens sy beste staatsrede tot dusver, en gewonder hoe welgesteld hy werklik op die oomblik is. Daar is periodiek berigte dat hy ‘n miljardêr is, maar met wisselende beramings. Die bekende politieke kommentator, dr. Piet Croukamp, het vandeesweek op die webwerf BINNE+LAND, terloops ‘n uitstekende inligtingsbron van nuuskommentaar deur kundiges in Afrikaans, gaan kyk gerus, daarop gewys hoewel sy vroeëre loopbaan hom nasionale prominensie besorg het, het dit nie direkte finansiële welvaart opgelewer nie.

Prof. Croukamp wys ook daarop ná die einde van apartheid het spanning tussen Ramaphosa en Thabo Mbeki daartoe gelei dat hy in 1996 die politiek verlaat het om ’n akeloopbaan te volg. Ramaphosa het met sy politieke verbintenisse begin om van die eerste swart beleggingsondernemings tot stand te bring. Reeds teen 1998 was sy persoonlike fortuin op $25-miljoen geraam, deels vanweë sy posisie as uitvoerende adjunkvoorsitter van New Africa Investments Limited (NAIL), destyds die grootste swart beheerde sakegroep. Nadat Ramaphosa adjunkvoorsitter van NAIL geword het, het hy die vakbond se pensioenfonds via die NEC-konsortium vir sy SEB-transaksies ingebring. Ewe belangrik, sê prof. Croukamp, was sy voorsitterskap of direkteurskap by maatskappye soos South African Breweries en Anglo American. In 2001 het Ramaphosa sy eie beleggingsmaatskappy, die Shanduka Group, gestig.

Ramaphosa was uitvoerende voorsitter van Shanduka én van maatskappye soos MTN en Mondi. Hy het in die direksies gedien van onder meer Standard Bank, Bidvest, Alexander Forbes, SABMiller, Lonmin en Anglo American. In 2011 het hy die eksklusiewe handelsmerkregte bekom om McDonald’s in Suid-Afrika 20 jaar lank te bedryf. Shanduka het ook ’n beduidende aandeel in die platinumgroep Lonmin verkry. Shanduka het ook groot belange in ondernemings soos Coca-Cola se plaaslike bottelarye, Liberty-lewensversekering, Seacom se ondersese kabel en ’n steenkoolmyn-vennootskap met Glencore gehad.
Die Glencore-transaksie is deur ’n kombinasie van kontant (ongeveer R368 miljoen) en ‘n batebydrae (Shanduka se 30%-belang in Kangra Coal) gefinansier. Hierdie strategiese beleggings het hom binne ’n dekade ná apartheid ’n multimiljoenêr gemaak. Die Sunday Times se welvaartlys het sy netto waarde in 2011 op R2,22 miljard geskat (13de rykste in Suid-Afrika daardie jaar), wat teen 2012 tot R3,1 miljard opgeskiet het.

In Mei 2014 is Ramaphosa verkies tot adjunk-president van Suid-Afrika onder Jacob Zuma, en het hy aangekondig dat hy sy sakeloopbaan staak ten einde belangebotsings te vermy. Teen einde 2014 het hy sy uitvoerende posisies neergelê en sy aandeelbelange verkoop of oorgedra. Hy het hom aan Shanduka onttrek, afstand gedoen van die McDonald’s SA-franchise, sy direkteurspos by Lonmin neergelê, en uit alle poste bedank wat tot botsende belange kon lei. Die Shanduka Group het vervolgens in 2015 met Phuthuma Nhleko se Phembani Group saamgesmelt, wat Ramaphosa in staat gestel het om sy 30%-aandeelbelang in Shanduka te realiseer. Hy sou na raming minstens $200 miljoen (destyds R2,5 miljard tot R3,6 miljard) uit die transaksie kry. Bloomberg het teen dié tyd (2015) Ramaphosa se totale fortuin, ná die Shanduka-verkoop en ander bates, op ongeveer $550 miljoen geraam.

Prof. Croukamp sê dit bly ‘n uitdaging om Ramaphosa se huidige persoonlike rykdom presies te bereken. Forbes het hom in 2015 opgeneem in hul lys van Afrika se rykste persone en sy netto waarde daardie jaar op ongeveer $450 miljoen bereken. Aldus Forbes was hy in daardie stadium die 42ste rykste persoon in Afrika, een van die mees welvarende politieke figure op die vasteland.

Bloomberg se finansiële nuusdiens het Ramaphosa se welvaart in dieselfde tydperk selfs hoër op om en by $550 miljoen (ongeveer R6,75 miljard tot R8 miljard) bereken, wat hom naas Patrice Motsepe (sy swaer) die tweede rykste swart Suid-Afrikaner sou maak. Ramaphosa ontvang hoofsaaklik sy inkomste in die vorm van die presidensiële salaris (ongeveer R4 miljoen tot R5 miljoen per jaar) en trek verder voordeel uit bestaande beleggings.

Amptelike openbaarmakings bevestig Ramaphosa se onttrekking aan die sakewêreld en gee ’n blik op sy oorblywende bates. Die Parlementêre Register van Ledebelange in 2017, die president is nie meer ’n lid van die wetgewer nie) toon dat hy geen vergoeding uit enige besigheidsbelang ontvang het nie. Hy het destyds aangedui dat sy enigste belanghebbende ondernemings sy persoonlike boerdery- en wildbesighede was, onder mee Ntaba Nyoni Estates en Ntaba Nyoni Feedlot (sy Ankole-beesplase), asook ‘n privaat maatskappy, Mondly Ltd, en die entiteit Puma Sports Cars. Diie register toon dat Ramaphosa destyds ’n eiendomsportefeulje van meer as 30 residensiële eiendomme in Suid-Afrika gehad het.

Prof. Croukamp sê president Ramaphosa se netto waarde word vandag steeds in die omgewing van $450 miljoen tot $500 miljoen geskat, gelyk aan ongeveer R8 miljard tot R9 miljard, afhangend van die wisselkoers. Dis ’n syfer wat hom een van die rykste demokraties verkose leiers ter wêreld maak.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button