Local sportSport

Richard wen die stryd – en die wedloop

Hy't nie 'n geskeurde dyspier hom laat onder kry nie.

RICHARD Ingram, wie in Kokstad woon, het op 16 Mei aan die 2015 SA Meesters Atletiek kampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem.

Sy prestasies is baie indrukwekkend, veral aangesien hy van ‘n reeks beserings, insluitened ‘n dyspier wat hy in Februarie geskeur het, moes terug veg.

Richard het net aan die 400m mans 30-34 ouderdomsgroep naelloop deelgeneem, aangesien hy nie seker was hoe sterk en goed sy dyspier op die dag sou wees nie. Hy was verniet bekommerd en het die wedloop met ‘n tyd van 51.96 sekondes gewen.

Dit was baie naby en hy het net-net gewen, veral omdat hy net ‘n paar weke gehad het om te oefen na Februarie se besering.

Hy was ook deel van die KZN aflos span wat goud in die 4x 100m mans interprovinsiale meesters aflos wedloop verower het.

Dit is nou die tweede agtereenvolgende jaar dat KZN dié wedloop wen, nadat WP (wat weer hierdie jaar tweede geeindig het) dit vier jaar in ‘n ry, tot en met 2013, gewen het.

Richard is op die oomblik nommer ses in die wêreld, maar hy weet dit sal verander en dat hy seker verder af sal skuif soos die ander lande hul byeenkomste gedurende die jaar hou.

“Die noordelik halfrond, en veral Europa, begin nou eers met hulle atletiekbyeenkomste, soos hulle nou in die somer inskuif,” sê Richard.

Alhoewel hy van Kokstad is, is hy ‘n rugbyskeidsregter vir Southern KZN.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button