School sportSport

Suidies Kayla en Dehandre behaal vyfde plek

Atlete het almal uitstekend gevaar en van hul bes afgelewer.

HSN is baie trots op Suidies Kayla Parsons en Dehandré Schoombie wat deel was van die O16 ‘Hokkie Bokkieweek’ span. Die span het vyfde uit 16 spanne in hul ouderdomsgroep geëindig. Bronwin Day-Garden het die O19 Netbal Bokkieweek span verteenwoordig en hul het agtste uit 15 spanne in hul ouderdomsgroep geëindig.

Die landloopspan het aan die KZN landloopliga by Kenneth Stainbank Natuurreservaat in Durban deelgeneem. Suidies was almal onder die ‘top 10’ in hul ouderdomsgroepe, met uitstekende prestasies van Benna Saayman, Anica Saaiman en Monica Saaiman (eerste plekke). Eyleen Botes, Lizelle Rudolph, Jonathan Grobler en Reinhardt Bosse het tweede plekke behaal en Mikyla Lewis, derde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button