HSN krieket spelers wys hul vaardigheid
JD Steyn is as beste kolwer aangewys en Kyle Jansen van Vuuren as beste bouler.
Suidies het gekies om eerste te kolf in hul eerste wedstryd teen Southcity verlede week. Hulle verloor vinnig paaltjies, maar kaptein JD Steyn skop toe vas met 20 lopies en die span eindig met ’n telling van 79 om te verdedig.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : PICS: #BigSchool2018 – Suid-Natal Primary
Boulers en veldwerkers wys wat hulle kan doen met Kyle Jansen van Vuuren wat ’n lopiekoers van 2.5 behaal het en ’n paaltjie geneem.
Kaine Joubert en Leenan le Roux neem albei twee paaltjies en Suidies verloor ’n baie opwindende wedstryd met drie paaltjies. JD is as beste kolwer aangewys en Kyle as beste bouler.

Vier Hoërskool Suid-Natal atlete het onlangs aan die Menlopark Uitnodigingsbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Spanne van regoor die land het aan hierdie prestigebyeenkoms deelgeneem. Baie geluk en welgedaan aan Leenan le Roux (verspring, seuns ope, derde plek); Leslie Walker (verspring, seuns O15, derde plek); Michelle Kretzschmar (hoogspring, meisies O17, tweede plek).
Weens reën kon Marizane Wagenaar nie aan die aflos of verspring meisies ope deelneem nie.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
