EntertainmentLifestyle

14 Wenke hoe om hierdie somer die hitte te wen

As jy nie so gelukkig is om lugverkoeling te hê nie, weet jy hoe moeilik slaaptyd is!

Ons oumas en oupas moes sonder lugverkoeling klaarkom en het ‘n paar truuks geleer om in die somer af te koel, sê ons suster Caxton publikasie, Kormorant:

Pixabay

* Dra katoenklere en slaap op katoenbeddegoed. Katoen kan asemhaal en help verdamping aan.
* Sit jou lakens in die vrieskas (in ‘n plastieksak) vir ‘n rukkie voor jy gaan slaap. Jou bed sal nie die hele aand koel bly nie, maar jy sal darem so ‘n bietjie afkoel voor jy aan die slaap raak.
* Gebruik jou warmwatersak. Instede van om dit met warm water te vul, vul dit met koue water en plaas in die vrieskas. ‘n Lekker bedvriendelike yspak!
* Laat jou waaier by die oop venster die warm lug uitblaas. Stel jou dakwaaiers om anti-kloksgewys te draai om warm lug na die plafon en buite toe te trek, instede van warm lug in die kamer rondwaai.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN: How to keep your cool in the summer heat

* Sit ysblokkies in ‘n vlak pan voor die waaier. Die wind sal koue waterdamp optel soos die ys smelt en ‘n koel mis maak.
* As jy vinnig moet afkoel, hou jou gewrigte onder koue lopende water. Dit is ‘n polspunt en sal help om jou vinnig koeler te laat voel.
* Neem ‘n lou stort. Dit sal jou kerntemperatuur help verlaag en jy was dan sommer die sweet af.
* Drink koue water. Wanneer dit so warm is, sweet jy meer as gewoonlik en moet jy oppas vir ontwatering.
* Warm lug styg, so as dit warm is probeer so naby as moontlik aan die grond slaap. Gooi jou matras op die grond en bou ‘n ‘krismisbed’.
* Gebruik so min moontlik ligte. Ligte maak ‘n vertrek warmer.
* Verf jou platdak wit. Die son (en hitte) sal van die dak weerkaats en jou huis minstens 8 grade koeler laat.
* Koel jou kamer af deur ‘n nat laken voor die venster te hang wanneer daar ‘n briesie waai. Die briesie sal die kamer se temperatuur vinnig afkoel.
* Vermy warm kos. Eet eerder ligte koeler etes soos slaaie.
* Sit met jou voete in ‘n bak koue water. Jou voete is sensitief vir temperatuur weens al die polspunte op die voete en enkels.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button