EntertainmentLifestyle

Sò voorkom jy verdrinking

Water kan gevaarlik wees, viral vir die jongspan.

Met somertemperature wat die hoogte in styg, koel die meeste mense af deur in ‘n swembad of die see te swem. Ongelukkig is dit ook wanneer die nooddienste meer verdrinkings aanmeld.

Die volgende wenke kan help om verdrinking te voorkom, verskaf deur ons suster Caxton publikasie, Kormorant.

* Leer jou kind so vroeg moontlik waterveiligheid.
* Moet nooit kinders alleen in of naby water los nie. Wanneer jy na klein kinders kyk wat swem, moet jy nooit meer as ‘n armlengte van hulle af wees nie. Maak ook seker dat niks anders jou aandag aftrek nie.
* Maak seker dat jou swembad veilig omhein is. Maak seker dat die hek altyd toe is en installeer ‘n ordentlike swembadseil.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN: MUST READ: 11 Safety tips to reduce your risk of drowning

* Kies ‘n strand waar daar lewensredders aan diens is en swem altyd tussen die vlaggies.
* Moet nooit alleen in die see swem nie.
* Moet nooit alkohol gebruik as jy gaan swem of na klein kinders kyk wat swem nie.
* Maak dit ‘n prioriteit om KPR-opleiding te voltooi. Dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button